1. SKINK WYN

Een chemikalie wat onder meer in rooiwyn/rooi druiwe voorkom, ellagiensuur, verander skynbaar die manier hoe “vet gene” hulself“ uitdruk”, vuur die metabolisme aan en vertraag die groei van bestaande en nuwe vetselle. Die gesonde bestanddeel in wyn, resveratrol, kan dalk boonop sommige van die negatiewe effekte van te min oefening help teëwerk. Dit gesê, laasgenoemde (Amerikaanse) studie was op rotte.

2. SMEER BOTTER DIK

Botter, veral van vrylopende diere, is ’n goeie bron van vetsure wat met gewigsverlies help. Een vetsuur, bottersuursout, kan die funksie van die mitochondria verbeter, die “batterye” in jou selle wat jou jonk hou. Nog een, gekonjugeerde linoleïensuur (CLA), word kommersieel as (sintetiese) aanvulling verkoop wat vet verbrand.

3. DOEN DIT SOOS DIE ITALIANERS

Jy kan kilojoules verbrand deur pasta te eet. Die vangplek? Sit dit in die yskas en eet koud. Die struktuur verander in “weerstandige” stysel, wat beteken jou lyf moet harder werk om dit te verbrand. Jy voel dan langer versadig. Natuurlike weerstandige stysel kom voor in lensies, bone, erte en hawermout.

4. EET DONKERSJOKOLADE

Mense wat gereeld donkersjokolade eet, is maerder as hul susters wat nee dankie sê – al verorber hulle meer kJ. Die gewigsverlieseienskappe word in jou maag “ontsluit”, waar “goeie” bakterieë die kakao fermenteer in antiinflammatoriese samestellings. Dit skakel glo gene gekoppel aan vetsug “af”.

5. KAFOEFEL

Dis die sneller vir oksitosien, ’n hormoon wat tydens emosionele binding vrygestel word. Dit kan streshormone verlaag en aptyt onderdruk. Jy verbrand ook kilojoules (kJ) tydens seks, sowat 18 kJ (mans) en 13 kJ (vroue) per minuut.

Bron: Eat This, Not That! (www.eatthis.com), http://oregonstate.edu, ucsdnews.ucsd.edu, www.fasebj.org