1. MAAK SOOS ’N MOL

Grawe in die grond. Dis nie net die buitelug en oefening wat jou sus nie. Die grond self het mikroörganismes wat jou dalk kan help fokus en jou bui kan verbeter. Tuiniers is geneig om minder depressief en angstig te wees en voel ’n groter verbintenis met hul gemeenskap.

2. DORY-HULLE

’n Akwarium tuis kan jou kalmer, meer ontspanne en minder gestres laat voel. Dis ook nie net die water se effek nie. ’n Studie met ’n reusagtige tenk het bevind hoe groter die verskeidenheid mariene lewe, hoe gelukkiger voel jy. Jou hartklop verstadig en bloeddruk verlaag.

3. ASEM IN ... EN UIT

Raak bewus van jou asemhaling se ritme. Probeer stadiger, dieper asemhaal. Sit jou hand op jou maag: Voel dit lig en sak, lig en sak.

4. JOU VIERVOETIGE VRIEND

’n Vriendelike brak kan jou minder angstig, gespanne, verward en rusteloos laat voel. Streel jy hom en speel met hom, verlaag dit klaarblyklik streshormone se vlakke. Dalk omdat jou lyf oksitosien vrystel, ’n hormoon wat ’n rol in verbintenisse speel.

5. LAAT MUSIEK JOU SUS

Dit kalmeer aktiwiteit in jou brein – letterlik. Minder neurone word afgevuur in jou amigdala, die deel van die brein wat op vrees reageer. Dit kan daartoe lei dat minder angstige seine na ander dele van die brein gestuur word.

Bronne: webmd.com