Ai, sooibrand!

Oftewel, suur en maagsap wat in jou slukderm beland. Dit veroorsaak daardie branderigheid en ongemak in die middel van jou borskas.

  • Moenie jou maag te vol stop nie.
  • Eet klein, gereelde etes, kou kos goed, moenie te veel praat nie en sit regop terwyl jy eet. Dit keer dat jy te veel lug sluk.
  • Ryk, vetterige kos kan sooibrand veroorsaak of vererger. As jy móét, skep kleiner porsies in.
  • Drink minder vloeistof saam met etes, dra klere wat nie styf sit nie en vermy inspannende oefening ná ete.