Voorbladgesig Donnalee (7de Laan se Annelie):
"Ek leef positief, want ek wíl"

32 BLADSYE:
Ek bly oorgewig! Is jy 'n appel of peer? Eet reg vir jóú lyf

Anoreksielyer:
Ek moes kies tussen my lyf en my lewe

Kry 'n cleavage in jou etensuur - kenners sê hoe

NOU OP TV: BOER SOEK 'N VROU
Aikôna, sý sal besluit! sê André le Roux in nuwe boek

Bekendes vertel hoe hulle 'n gesondheidskopskuif gemaak het

Sandra Prinsloo

RESEPTE: Eet gesond... sonder om te kook!

Rou kos is gesond en heerlik

MICHÉLLE SE REDAKTEURSBRIEF

Michélle van Breda

Soos baie van ons, is ek passievol oor my loopbaan, maar ná al die jare is ek verstrengel in werk, vliegtuie en rekenaars. En die vraag is: Hoe doen ek dit nou anders? Want al hierdie verpligtinge is deel van ons vinnig bewegende wêreld.

Onlangs bevind ek my weer op Mauritius. Daar waar die water, soos die aandbries, perfek-warm op jou vel is. Maar dis die ritme van die eiland wat my eintlik bekoor.

Eers vang dit my onkant. 'n Selfoon wat nie lui nie? 'n BlackBerry wat nie 'n stroom boodskappe uitspoeg nie? Geen probleme om op te los nie? En ek wat rusteloos en half onseker en uit beheer voel. Wat om tog met myself aan te vang? Maar dan, ná 'n paar uur, begin 'n lomerigheid inskop. Van 'n eiland wat homself nie laat aanjaag nie.

Van branders wat rustig op die sand breek en palms wat net-net in die wind beweeg. Van mense wat tydsaam hul ding doen. Jy voel hoe die swarigheid van maande se stres en 'n nimmereindigende gejaag van jou skouers lig, en dan gebeur 'n wonderlike ding: Jy raak weer bewus van die wêreld.

Skielik sién jy - die bloue, die groene. Jy ruik sowaar die frangipani's en proe weer die soet van 'n rooi tamatie. Jy kry jouself vroegoggend uit die bed en gaan swem in die see, en jy's daar wanneer die son oor die eiland opkom. Jy ervaar weer jou lyf en jou emosies.

Wat doen ons aan onsself, het ek wéér gedink. Om 'n werk te hê waaroor ons passievol is, is 'n voorreg. Maar dis die een kant. Die ander kant is om onsself soms 'n stadiger ritme te gun. 'n Eiland het ons nie nodig nie, wel 'n gesonder leefstyl wat ons toelaat om weer te sien, te voel en te ervaar.

Maak tyd vir dié uitgawe van SARIE GESOND. Dit sal soos 'n eilandvakansie voel!

Watwou Nuwejaarsvoornemens!

Vir my was Oktober nog altyd die tyd vir vere regskud. Hoe dan anders? Oral om jou ontwaak die natuur en jy kruip uit jou winterdop. Alles roep na ’n nuwe begin. Ek gaan vir roetine- mediese ondersoeke. Probeer opnuut fiks word. En my dieet, o, my dieet. My stapelkos van brood, kaas en cappuccino sal enige dieetkundige laat huil. Op slegte dae laat dit mý huil. Dus, my voorneme vir dié (simboliese) nuwe jaar: hope appels, pere en druiwe vir my. Kom ons klink ’n glasie vrugtesap op goeie voornemens – en die vasbyt daarmee.
Gesondheid!

Lydia van der Merwe

- Lydia van der Merwe, gesondheidsredakteur