Die tyd vir sonrokke en baaibroeke kruip al hoe nader. Somer, ’n tyd van son, swem en samesyn.

FOTO Unsplash

Met 11 weke voor Desember is daar heerlike slaai-resepte vir jou kosblik of vir ete saans by die huis.

Gebraaide hoenderslaai met hoemoes-slaaisous

FOTO Donna Lewis

Ligte vars slaai vir ’n koel somersaand.

Kry die resep hier.

Aktrise Amalia Uys se slaai vir ’n stralende vel

Amalia Uys FOTO Aubrey Jonsson vir SARIE

"Dit is my gunsteling-slaai: Dis propvol goodies en laat jou vel straal. Die slaai verminder werklik inflammasie in die vel en die pampoenpitte is ryk aan sink, wat veral goed is hiervoor. Dis kleurryk, vullend en smullekker!"

Kry die resep hier.

Komkommer-slaai met kasjoeneutsous

FOTO Donna Lewis

Hierdie slaai is Herman Lensing se nuwe staatmaker. Dis lig, vars en heerlike bykos vir swaar bredies of stowegeregte.

Kry die resep hier

Kekerertjieslaai

FOTO Donna Lewis

Dis so maklik om hierdie slaai te maak. Sorg net dat jy al die bestanddele het en was die skottelgoed, en jy’s klaar.

Kry die resep hier

Koring-en-forelslaai

FOTO Donna Lewis

Hierdie is een van Herman se gunstelinge.

Kry die resep hier.

Blomkool-en-kekerertjie-slaai

FOTO Michael le Grange

Kyk by jou supermark vir gemaalde blomkoolrys. Dis ’n heerlike alternatief vir stysel.

Kry die resep hier.

Insulienweerstandig? Hierdie slaai is vir jou!

FOTO Donna Lewis

Propvol gesonde bestanddele.

Kry die resep hier.

Jou somerlyf in nét 12 weke

FOTO Unsplash

Trek jou tekkies aan en verslank saam met SARIE – alles in die gemak van jou eie huis! Ons almal het ons redes. Of dit nou ter wille van jou gesondheid is, om lekkerder saam met die kinders te kan speel, ’n skoolreünie wat om die draai is of die wens om weer in jou gunsteling-jeans te pas – saam met SARIE kan jy hierdie doelwit aanpak en bereik.

Sluit nou aan!