Dit is vir almal vreemd dat Brittany Murphy en haar man Simon Monjack albei aan longontsteking en bloedarmoede oorlede is. Brittany is slegs ses maande na haar man oorlede. Kenners op die gebied sê dat skimmel wat in die paartjie se, luukse, Los Angeles huis gegroei het dalk die oorsaak van hulle albei se dood mag veroorsaak het.
 
Malcolm Richardson, Professor van mediese Mikologie,(die studie van skimmel) by die Universiteit van Manchester sê dit klink vreemd, maar  skimmel in huiseis’n algemene gesondheids probleem en affekteer derduisende mense in die Verenigde Koningkryk. Verenigde State se publieke gesondheids amptenare sal blykbaar die woongebou waar Murphy en  Monjack gewoon het ondersoek.
 
Daar is ‘n groot verskeidenheid tiepes skimmel, maar slegs ‘n hand of twee vol kan gesondheids probleme veroorsaak, onder andere; sinus, brongitus en ander asemhalingstelsel verwante toestande asook allergieë
 
Volgens Professor Richardson is muurpapier, agter muurteëls en venster rame die algemeenste plekke waar skimmel in huise voorkom en geil groei. Hy noem ook dat plekke wat min ventilasie het en gereeld klam is die perfekte kondisies is vir Skimmel om te groei.
 
So hoe persies tas skimmel jou gesondheid aan?

Skimmel spore word in die lug vrygestel wat ons in asem. Gewoonlik tel die immuunstelsel dit op en jy nies of hoes om ontslae te raak daarvan. ‘n Swak immuunstelsel sukkel om die skimmel uit te werp en dus ontkiem dit in die longe en veroorsaak inflamasie. Baie keer groei die skimmel aggressief en veroosaak dat ‘n mens se organe nie behoorlik kan werk nie.