Ons almal het ons redes. Of dit nou ter wille van jou gesondheid is, om fikser saam met die kinders te kan speel, ’n skoolreünie wat om die draai is of die wens om weer in jou gunsteling-jeans te pas – saam met SARIE kan jy hierdie doelwit aanpak en bereik. 

Slanker met SARIE se 12-week-program is deur kenners ontwerp. Op ons Slanker met SARIE -webtuiste kry jy ’n vetverbrandende en funksionele oefenplan wat jy in die gemak van jou eie huis kan doen, met klein videos wat bewegings illustreer. Dit sluit ook ’n bekostigbare en aanpasbare eetplan in wat jy of by jou voorkeure kan aanpas, of maaltyd vir maaltyd kan volg. Boonop kan jy deur die Facebook-groep ondersteuning van ander vroue in die Slanker met SARIE-gemeenskap kry.

Wanneer jy inteken kry jy toegang tot die hele Slanker met SARIE-plan, wat jy van jou rekenaar of enige mobiele toestel met internettoegang af kan oopmaak, of jy kan vooraf die eetplan in PDF-formaat aflaai, uitdruk en op jou yskas plak. Begin eenvoudig by Week 1, Dag 1 en volg die plan daagliks – alles in die gerief van jou eie huis! 

TEEN R499* KRY JY DIE VOLGENDE:

- ’n Oefenplan oor 12 weke, ontwerp om vet te verbrand en sexy spiertonus te bou.

- Video-demonstrasies van elke beweging.

- Oefen by die huis met basiese toerusting.

- ’n Kilojoule-beheerde eetplan van 12 weke waarmee jy gewig kan verloor sonder om honger te voel.

- Bekostigbare, gesonde maaltye wat maklik is om te maak en so lekker is dat jy skaars sal kan glo dis “dieetkos”.

* BTW uitgesluit.

JA, KOM ONS BEGIN! 

Vandeesweek kan jy 30% afslag kry op Slanker met SARIE. Besoek die webtuiste, gaan na die betaalpunt en gebruik die koepon dadelik om die afslag te kry: #FEB2019

*Die koepon is geldig tot 1 Maart 2019.