Probeer die´ maklike wenk: ’n Koppie witrys het sowat 837 kJ. Voeg ’n teelepel kokosneut-olie by die water vir elke halwe koppie rys wat jy kook en plaas die gaar rys vir 12 uur in die yskas.

Navorsers in Sri Lanka het bevind die´ proses verlaag die rys se kJ-inhoud. Hulle gaan ook ander soorte vet en ander soorte witrys toets, want hulle vermoed die kJ kan met 50 – 60% verminder word.

Bron: www.bbc.com