Die winkels kreun onder die rakke en rakke swembroeke. Oor minder as ’n week is dit Desember. Dit beteken swembroeke, sonroom en see/swembad. Jou somerlyf kan jy nie in ’n japtrap kry nie, maar hierdie 5 wenke kan jou inname van kilojoules verminder.

Maak gewoontes van dié wenke en jy kan dalk selfs gewig verloor.

 FOTO Instagram /@karliekloss FOTO Instagram /@karliekloss

Eet sop

Koue spek-enspanspek-sop Koue spek-en-spanspek-sop
FOTO: Donna Lewis

In ’n opname het vrywilligers wat hul maaltye met ’n laekilojoule-sop afgeskop het, 20% minder gee¨et, volgens die internasionale joernaal Appetite. En ook nie so gou weer honger geword nie

Dink jouself maer

FOTO: Unsplash FOTO: Unsplash

Eet bewustelik (mindful): fokus op hoe die kos lyk en ruik, en die fisieke sensasie wanneer jy kou en sluk. As jy dan later in die versoeking kom om te eet, visualiseer bloot jou vorige maaltyd in detail. Dis dalk die verskil tussen een koekie en ’n hand vol, volgens Britse navorsing.

Stop tekens

via GIPHY

Los tekens van wat jy gee¨et het op jou bord: olyfpitte, pizza-kors, selfs stokkies waaraan bv. kaas was. So´ stuur jy vir jou brein ’n sein dat jy klaar is, selfs al is dit onbewustelik. Dieselfde beginsel geld as jy springmielies of aartappelskyfies in ’n bakkie sit en nie sommer uit die pakkie eet nie. ’n Lee¨ bakkie = klaar!

Reënboog van kleur

FOTO Brooke Lark FOTO Brooke Lark

Hoe groter die kontras tussen jou kos en jou bord se kleur, hoe minder gaan jy waarskynlik eet, volgens Amerikaanse navorsing. In ’n studie het mense wat pasta met tamatiesous op ’n wit bord moes skep, minder geneem.

Dit ruik so lekker

via GIPHY

Ons eet nie net met ons oe¨ en maag nie, maar ook met ons neus. Vrywilligers wat nagereg met ’n sterk, welriekende geur gekry het, het 5 – 10% minder gee¨et teenoor die´ wie s’n minder geurig was, volgens navorsing in die aanlyn joernaal Flavour. Adem die reuk dus diep in voor jy wegval. Geur jou kos met aromatiese kruie soos gemmer, basilie, kaneel of roosmaryn.

Lees nou