Dit kan ook voorkom by mans wat baie sport doen. Simptome: chroniese moegheid, lamheid, gebrekkige konsentrasie en 'n onvermoë om te leer. Dit kan kinders selfs met wiskunde laat sukkel! Yster is ook belangrik vir jou metabolisme en skildklierfunksie. Moet egter nie sommer 'n yster-aanvulling by jou naaste apteek koop nie: As jou ystervlakke nié laag is nie, gaan dit meer skade as goed doen. Gaan vir bloedtoetse en neem slegs yster-aanvullings – dit geld eintlik vir alle aanvullings – as 'n kundige (soos 'n dokter of dieetkundige) dit aanbeveel.

*Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za.