Geurige Groentesop (Warm)
Resep lewer:±7 groot porsies (1 ½ koppie)
Bestandele Metode

1 eetl. (15ml) olyfolie

1.      Roerbraai die stock-poeier in olyfolie in ‘n diep pot.

2.      Voeg water en sout en dan al die gesnyde groente by. Kook sowat 20 minute tot nét sag.

500 g murgpampoentjies (gesny of gerasper)

3 eetl. (45ml) hoender of beesvleis stock-poeier

6 koppies (1.5 liter) kookwater

2 t (10ml) sout

700g wortels (gesny of gerasper)

300g groenbone (gekerf)
Variasies

Voeg kerrie-puree by wanneer die olie gebraai word. Voeg gesnyde seldery by ‘n paar minute voor die kookproses klaar is.

 

Koue Somersop
Resep lewer:± 4 – 6 porsies
Bestandele Metode
1 huisie knoffel

1.Versap in ‘n voedselverwerker – fyn, maar nie heeltemal verpulp nie.

2.Roer die asyn, tamatiepuree en sout by.

3.Voeg bietjie water by indien ‘n dunner sop verkies word

4.Verkoel tot goed koud.

5.Garneer net voor opdiening met vars basilieblare geskeur en ‘n lepel of twee bulgaardse/ongegeurde jogurt indien verkies.

 

1 kg ryp tamaties in kwarte gesny
1 engelse komkommer
1 rooirissie fyn gesny
1 klein ui, geskil en gesny in kwarte
1 stuk seldery in fyn skyfies
1 rooirissie of ‘n paar druppels Tabasco
¼ k (63ml) vars basilieblare
? k (83ml) vars pietersielieblare
¼ k (63ml) rooiwyn of wit balsamiese asyn
2 eetl. (30ml) tamatiepasta (opsioneel)
1 t. (5ml) sout
swartpeper
2 eetl. (30ml) olyfolie