1. Los die Rennies

Jy hoef net 3 tot 5 kg te verloor om van daardie brandgevoel in jou keel ontslae te raak. Oortollige rolletjies en sooibrand loop hand aan hand.

2. Pynlike gewrigte

Jou kans op knie-osteoartritis verminder met meer as 50%, is in ’n studie bevind. (Osteoartritis: As jou gewrigsbene en -kraakbeen afslyt.) Oorgewig vroue se kans op knie-osteoartritis is vier keer groter, oorgewig mans s’n vyf keer.

3. Word hups ouer

Behalwe dat jou risiko vir leefstyl-siektes (onder meer hartsiektes en tipe 2-diabetes) kleiner word, sê jou lyf ook op ander maniere dankie. Rugpyn verminder, hoë bloeddruk verlaag, long-kapasiteit vergroot, spierbeheer en -krag en energievlakke verbeter.

4. Oe-la-la

As jy oorgewig is, het jy gewoonlik minder seks. Dalk voel jy nie goed oor jou lyf nie. Maar dis ook waar dat die begeerte minder hoog brand en selfs wanneer jy “in die bui” is, reageer jou liggaam nie so goed nie. Skud ’n paar kilo’s af en gee jou sekslewe nuwe skop.

5. Meer zzz . . .

Jy gaan waarskynlik meer en lekkerder slaap as jy gewig verloor. Moet egter nie veel van ’n verskil verwag as jy nie minstens 5% afgeskud het nie. In een studie het dit tot ’n ekstra 21,6 minute slaap per nag gelei. Teen- oor net 1,2 minute meer vir dié wat minder gewig verloor het.
Bronne: webmd.com, hopkins-arthritis.org, weightwatchers.com