Een van die internet se mees wydverspreide fop-e-pos-kettings word genoem “Cancer Update from John (sic) Hopkins”.

Johns Hopkins, een van die voorste navorsing-universiteite in Amerika, ontken ten sterkste dat hulle daarvoor verantwoordelik is.

Die e-pos beskryf alternatiewe maniere om kanker te voorkom en te behandel, wat glo meer doeltreffend as chemoterapie, bestraling en chirurgie is.

Kanker “voed” op sekere kosse, soos suiker, word beweer. Op die internet is daar waarskuwings teen die “wit dood” en dat suiker kanker se gunstelingkos is.

Nie so nie, volgens www.cancerresearchuk.org.

Wat wel waar is, is dat ’n verhoogde inname van verfynde suiker vir seker bydra tot ’n milieu in die liggaam wat jou risiko vir verskeie siektes (nie net kanker nie) verhoog, volgens Mariza.

Die gereelde inname van te veel suiker dra by tot ’n wanordelike suiker-metabolisme, oorgewig en insulien-weerstandigheid, toestande geassosieer met ’n verhoogde risiko vir kanker.

Die impak is selfs groter as suiker belangrike voedingstowwe in die dieet vervang, wat dikwels gebeur, sê sy.

Lees ook:

Onderbroke vas beter vir gewigsverlies?

Is glutenvry gesonder?

Appelasyn maak (dalk) maerder