Die porsieplan-eetplan wys jou wat en hoe. Die hoeveelhede wat mens kan/moet eet, is gegrond op die nuutste voedselpiramiede volgens die jongste wetenskaplike navorsing. Die deursnee-mens moet die volgende porsies per dag eet:

? 5 – 7 porsies styselkosse
? 3 – 5 porsies groente
? 2 – 3 porsies vrugte
? 2 – 3 porsies suiwelprodukte
? 5 – 6 porsies proteïene
? 3 porsies vet

Uiters belangrike nota:

Jy MOET vyf tot ses keer per dag eet, en nie langer as twee tot drie uur wag voordat jy weer iets eet nie. Met dié beginsels in gedagte, lyk die Porsieplan soos volg:

JOU PORSIEPLAN

    MAALTYD 

EET DIE VOLGENDE
- NIKS MINDER NIE,
NIKS MEER NIE

VOORBEELD
- STEL JOU EIE SPYSKAART
SAAM UIT DIE PORSIELYS

Ontbyt


2 porsies stysel
+ 1 porsie proteïen/suiwel


Porsielys met porsie-groottes

Mid-oggend-versnapering


1 porsie vrugte
+ 1 porsie stysel
+ 1 porsie proteïen


Porsielys met porsie-groottes

Middagete


2 porsies stysel
+ 2 porsies proteïen
+ vry groente


Porsielys met porsie-groottes

Mid-middag-versnapering


1 – 2 porsies vrugte


Porsielys met porsie-groottes

Aandete


1 porsie stysel
+ 2 porsies proteïen
+ vry groente
+ porsie beperkte groente


Porsielys met porsie-groottes

Laatnag-versnapering


1 porsie jogurt


Porsielys met porsie-groottes