Te veel eet en te veel geld uitgee is soveel makliker in die feesseisoen. Maar vir diegene met volwasse ADHD kan dié tyd se versoekings selfs aanlokliker wees ...

“Die feesseisoen kan nie net moeilik wees vir volwassenes met ADHD nie, maar ook vir hul gesinne,” sê die psigiater en sameroeper van die Suid-Afrikaanse ADHD Spesiale Belangegroep, dr. Rykie Liebenberg.

ADHD-lyers is van nature meer impulsief en die versoekinge wat die feesseisoen bied, kan ’n groter uitdaging wees. Probleme met die bestuur van finansies, dieet en alkohol kan meer algemeen voorkom, volgens dr. Liebenberg.

Vroue met ADHD is meer geneig tot ooreet (binge eating) en wanneer daar soveel geleenthede is waarby kos en drank betrokke is, maak dit dit moeilik om negatiewe gewoontes te beheer.

FOTO Unsplash FOTO Unsplash

Maniere om versoekings te beheer

• Vermy situasies waar jou koopgewoontes buite beheer kan raak.

• Sit praktiese stelsels in plek om jouself te keer voordat jy geld uitgee.

• Gaan doen inkopies met ’n geliefde wat seker maak jy koop net die nodige en bly binne jou begroting.

• Maak ’n lys van die geskenke wat jy moet koop, stel ’n begroting op en gaan net in by die winkels wat items op jou lys verkoop.

• Vermy groot inkopiesentrums waar daar meer versoeking is en kies kleiner winkels met beperkte opsies.

• As jy jaareindfunksies bywoon, stel vir jouself ’n tydsbeperking en gaan huis toe voordat die partytjie té feestelik raak. Nóg beter: bespreek vooraf jou vervoer huis toe op ’n bepaalde tyd.

2

Met die regte behandelingsplan hoef ADHD nie met jou en jou gesin se vakansie en feesvieringe in te meng nie. Dis tyd om vrolik te wees en nie ekstra bekommernisse te hê nie.

Besoek www.myadhd.co.za vir meer inligting.

Lees nou

Moenie ná die feestyd met ’n skuldbabelas sit nie

ADHD: Die 7 mites

ADHD in ’n neutedop