Dit dra by tot gewigsprobleme wat jou nog meer blou laat voel, dus 'n bose kringloop.

'n Dieet wat bestaan uit baie verfynde en geprosesseerde kosse, kan by veral middeljarige vroue bydra tot depressie, aldus 'n studie wat in die Britse joernaal vir psigiatrie gepubliseer is. Sowat 3 500 vroue het aan die studie deelgeneem. Na vyf jaar was dit duidelik dat dié wat baie minder verfynde en geprosesseerde kosse geëet het, minder geneig was om aan depressie te ly.

5 wenke

  1. Eet vir ontbyt rou, gerolde hawermout, gekook of gerooster, met neute en droë vrugte. Of net vars vrugte en jogurt.
  2. Kweek die gewoonte aan om tussen maaltye vars vrugte te eet. As jy lief vir sap is, vervang een vrugteporsie per dag met sowat 100 ml sap. Verdun dit altyd met water/soda/fonteinwater en geniet saam met 'n vrug.
  3. Moenie meer as een keer per dag iets eet wat 'kits' en klaargemaak is nie - hetsy dit soet of sout is. Soos energiestafies, souse,  skyfies, kits-noodles, ens.
  4. Onderskei tussen 'kitskos' en geriefkos. 'n Romerige sous waarby jy net water gooi is waarskynlik eerder ''kits''. Terwyl 'n blikkie vis nie kitskos is nie, maar eerder gerieflik. 
  5. Eksperimenteer met jou eie 'kits'-etes. Jy kan goeie, onverfynde staatmakers soos gerolde hawermout, grofgemaalde mieliemeel, gort, rys, lensies en selfs aartappels en patats, vooraf kook en in die yskas bêre. Voeg daarby rou groente en 'n lekker sousie vir middagete. Of vleis en groente saam in 'n pot gekook vir aandete. En siedaar - gesonde kos in 'n kits.

Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za.