Want dehidrasie kan gevolge, soos floutes en selfs die dood, hê. Drink sowat 8 glase water en ander vloeistowwe per dag. (Dit verskil van mens tot mens.) Maar méér as jy sweet.

1. ASEM MET ’N KLANKIE

Jou speeksel het eienskappe wat bakterieë beveg. As jy gedehidreer is, word die speeksel minder en só jou mond se vermoë om teen kieme te veg wat slegte reuke veroorsaak.

2. JY VOEL DEURMEKAAR

Dit kan ’n teken van ’n paar dinge wees. Maar as jy lanklaas water gedrink het, kan dit verklap dat jy gedehidreer is. Dis nie iets wat skielik gebeur nie, tensy jy op ’n warm dag werk/oefen dat die sweet tap.

3. ’N SKIELIKE HUNKERING NA KOS

Jou lewer het water nodig om behoorlik te funksioneer. Indien nie, sein dit vir jou brein jy het brandstof nodig. Pleks dat jy na water smag, laat dit jou dink jy is honger, wat kos-cravings veroorsaak, veral na lekkergoed.

4. JOU VEL ‘BONS’ NIE TERUG NIE

Knyp die vel op die agterkant van jou hand vas, lig dit op en los. Dit moet vinnig na die oorspronklike posisie terugkeer, maar gebeur gewoonlik nie as jy gedehidreer is nie. Sonder genoeg vog verloor jou vel van die elastisiteit wat nodig is om terug te “bons”.

5. KYK MA, GEEN SWEET!

Omdat sweet meestal uit water bestaan, gaan jy ophou sweet as jy gedehidreer is – en vinnig oorverhit. Dit gebeur as die liggaam die bietjie vloeistof wat oor is, probeer “vashou”. As dit gebeur, mense sê jy tree vreemd op of jy wil flou word, kry hulp. Drink vloeistof (water of ’n sportdrankie met elektroliete teen kamertemperatuur) en besoek die ongevalle-eenheid.

Bronne: webmd.com, mayoclinic.com, everydayhealth.com