Don’t worry, be happy! Daar is egter tog soms voordele aan knorrig wees.

As jy in ’n slegte bui is, is jy meer krities oor en jy gee meer aandag aan jou omgewing.

Opgewekte siele is geneig om alles vir soetkoek op te eet, wys ’n reeks Australiese studies. ’n Goeie bui bevorder kreatiwiteit, buigsaamheid en samewerking. ’n Slegte bui daarenteen, maak jou meer oplettend en jy dink mooier voor jy ’n besluit neem. Jy gaan ook nie sommer ’n oorhaastige besluit neem op grond van rassistiese of godsdienstige vooroordele nie. As jy gevra word om ’n gebeurtenis te onthou waarvan jy ’n ooggetuie was, gaan jy meer detail reg onthou. En jou oorredingsvermoë is boonop sommer stukke beter. Lees meer

Maak net seker jy doen dit reg

Dit lyk soms asof mense eerliker is oor hoe hulle werklik voel as hulle omgekrap is, sê Karlien. Daar is selfs ’n gesegde dat as jy wil weet wat die waarheid is, luister wat iemand sê as hy kwaad is.

Ons is almal soms in ’n slegte bui of voel omgekrap oor iets. Dis belangrik om te besef dis normaal. Maar dis net so belangrik om so goumoontlik die oorsaak van jou ongelukkigheid uit die weg te ruim. As jy heeltyd in ’n knorrige bui is, gaan jy net al hoe slegter voel. En so ook die mense om jou.

Probeer dan bepaal wat die ware (dalk onderliggende) rede vir jou grimmigheid is. ’n Sielkundige kan jou help om ligter deur die lewe te reis.