METUSALAG

’n Vinnige pas is ’n aanduiding van beter kognitiewe funksie op jou oudag. Ook dat jy minder siektes gaan ontwikkel, val of tyd in die hospitaal deurbring. Wetenskaplikes het selfs ’n direkte verband gevind tussen langlewendheid en ’n natuurlike behoefte by mense ouer as 65 om vinnig te loop. Dit gaan egter nie help jy dwing jouself om haastiger te loop nie. 

KOMMERKOUS

Navorsers het mense geblinddoek en bevind as jy die senuweeagtige soort is, gaan jy meer dikwels links hou as jy vir iets reg voor jou mik. Dalk is die brein se regterhemisfeer, wat met verhoogde angs geassosieer word, daarvoor verantwoordelik. (Dit moet dus harder werk om jou angs te hanteer.)

STA . . . DIG

As die spoed waarteen jy loop oor tyd verander, kan dit ’n aanduiding wees van Alzheimer se siekte of ander geheueprobleme op jou horison. Is Alzheimers die rede, sal die geneigdheid voortduur soos die toestand vererger. Ouer mense wat minder as ’n meter per sekonde loop, het meer gesondheidsprobleme.

SWAAI DAAI LYFIE

Daar is dalk meer huppel in jou stap wanneer daai eiertjie reg is om bevrug te word. Mans moes die silhoeëtte van vroue dophou terwyl hulle op verskillende tye van hul menstruele siklus dans en loop. Vroue was vir hulle oor die algemeen baie aantrekliker wanneer hulle op hul vrugbaarste is. 

DIE GROOT O

ie manier waarop ’n vrou se lyf beweeg terwyl sy loop, kan aandui wie ’n vaginale orgasme kan kry. Dié seksuele respons beteken jy het waarskynlik ’n soepel bekken en ruggraat. Wat verklap word deur die langer treë wat jy dan gee. 

BRON webmd.com, BBC.com, techexplorist.com, psychcentral.com