Joga, Pilates, CrossFit of BodyTec ... Dit raak moeilik om te besluit watter een van al dié soorte oefening die beste is. Kyk hier wat die bekendes verkies.

Joga

Joga is ’n kombinasie van liggaamsposisies (asanas) en asemhalingsbeheer. Elkeen van die talle posisies oefen en balanseer verskillende dele van jou liggaam.

Ontspan met joga

Charlize Theron

Sy hou daarvan om in haar af tyd in Hollywood ’n jogaklas in te pas. Sy verkondig dit egter nie gereeld nie, en probeer meestal uit die kollig bly wanneer sy klas toe gaan. Klik hier om ’n foto te sien waar sy uit die klas stap met ’n hoed en ’n sonbril op.

Vanessa Hudgens

Hierdie gewilde aktrise is weer glad nie skaam oor haar joga-gewoontes nie, en het hierdie foto op Instagram gelaai net ná ’n jogaklas.

FOTO:  @vanessahudgens FOTO: @vanessahudgens

Pilates

Pilates en joga word maie maklik verwar. Die basiese verskil is dat Pilates se oefeninge meestal op die grond plaasvind, terwyl jy baie opstaan en balanseer met joga. Pilates se bewegings is ook vinniger en weerstandbande word soms gebruik om die spiere meer intensief te oefen.

Brümilda van Rensburg

Pilates is een van Brümilda se gunsteling-maniere om oefening te kry en te ontspan. Lees meer oor Brümilda, haar nuwe sepie-rol en haar gunsteling-dinge in die Junie-uitgawe van SARIE.

FOTO: Phyllis Green FOTO: Phyllis Green

Agter die skerms by Brümilda se SARIE-fotosessie PLUS 5 van haar gunstelinge

Aletté Winckler Alettéblog gereeld vir ons oor die Wincklers, haar dieet en haar dol lewe. Sy het onlangs weer teruggekeer na haar Pilates-klas en sê die volgende op Twitter:

Aletté Winckler blog: "My pad terug na 'n 34"

CrossFit

CrossFit is ’n krag- en kondisioneringsprogram wat gewoonlik deur militêre en polisie-akademies gebruik word om mense op te lei wat fisiek vir enigiets gereed moet wees. Die bewegings is gewoonlik baie intensief en verander heeltyd om ’n wye verskeidenheid fiksheidsoefeninge in te sluit. As jy lus is vir ’n uitdaging, is dit die regte ding vir jou.

Karlien van Jaarsveld Karlien het onlangs na haar eerste CrossFit-oefensessie gegaan en het hierdie te sê gehad op Twitter:

Andriëtte Norman Só het Andriëtte 10 kg verloor Andriëtte volg al jare lank ’n gesonde oefen- en eetprogram en gebruik ook CrossFit om elke nou en dan ’n uitdagende oefensessie in te kry. Andriëtte oefen én eet gesond

BodyTec

Die nuutste in die fiksheidswêreld is BodyTec. Dit is ontwerp rondom die idee dat niemand tyd het om genoeg oefening te kry nie. Die BodyTec-pakkie wat jy aantrek, stimuleer jou spiere terwyl jy oefen en jy hoef dan slegs 20 minute in ’n week te oefen. Volgens BodyTec is hierdie soort oefening baie doeltreffender as om met gewigte te oefen.

Watter bekendes doen BodyTec?

[caption id="attachment_130957" align="aligncenter" width="459"]Tracy McGregor FOTO: Twitter  @tracymcgregor Tracy McGregor

FOTO: Twitter @tracymcgregor[/caption]

[caption id="attachment_130961" align="aligncenter" width="599"]Tanya van Graan FOTO: Twitter  @Sawyer21Jean Tanya van Graan

FOTO: Twitter @Sawyer21Jean[/caption]

[caption id="attachment_130959" align="aligncenter" width="600"]Amor Vittone FOTO: Twitter  @amor_vittoner Amor Vittone FOTO: Twitter @amor_vittoner[/caption]

FOTO’S: Tanya van Graan is verloof!

Ballet

Mary Helen Bowers is seker New York se bekendste balletjuffrou. Sy is die een wat Natalie Portman afgerig het vir haar rol in die bekroonde fliek Black Swan, en talle Victoria Secret-modelle maak gebruik van haar om hul lyf ferm en soepel te hou.

FOTO: Instagram  @doutzen Doutzen Kroes FOTO: Instagram @doutzen

Miranda Kerr FOTO: Instagram  @mirandakerr Miranda Kerr
FOTO: Instagram @mirandakerr

FOTO: Instagram  @lilyaldridge Lily Aldridge FOTO: Instagram @lilyaldridge