Dit is al amper die einde van die eerste maand in Januarie wat net een ding beteken - ons Nuwejaarsvoornemelysie begin al hoe minder belangrik raak. Maar met dié oefenprogram was oefen nog nooit so maklik nie!

Ons trek al by die 8ste week van ons uitdaging, maar kan die hele oefenplan HIER kry.

Ons het ons die Beweeg SA-uitdaging wat ons in 2011 gehou het, afgestof. Die oefeninge werk steeds net so goed.

*Praat met jou dokter voordat jy enige oefenroetine begin. As enige van dié oefeninge jou knieë of rug seermaak, moet jy dit liefs met ander versterkingsoefeninge vervang.

Die Beweeg SA-oefenprogram maak dit vir jou maklik én lekker om jouself van die rusbank te lig en te begin oefen – dis so maklik soos 1-2-3- én 4! Ons skop af met 5 basiese oefeninge en voeg elke week een by. Hierdie week se ekstra oefening isvierpunt-arm-oplig

Klik hier vir oefeninge 1 - 11 (week 1-7) se oefeninge!

Die beginposisie is basies dieselfde as die op-posisie van ’n opstoot (oefening 7): Voete wyer as skouerbreedte uitmekaar en hande reg onder jou skouers. Hou ’n ligte gewig in een hand vas. as dit te moeilik is, staan op jou knieë pleks van jou tone. Trek jou maagspiere saam. Terwyl jy jou lyf met jou ander hand stut, swaai die gewig in ’n sierlike halfmaan tot bo jou kop sodat dit na die dak wys en jou arms ’n reguit lyn maak. Laat jou kop die beweging van die gewiggie volg sonder dat jy jou rug hol maak of jou skouers en heupe rondswaai. Jou lyf moet so stabiel moontlik bly met net jou skouers wat roteer. Laat sak die gewiggie weer stadig. Doen tien keer, rus 30 tellings en doen tien keer met die ander arm. Herhaal die hele stel nog ’n keer.

sh_fourpt_armraise_1_200w.jpg sh_fourpt_armraise_2_200w.jpg