Die IDF (Internasionale Diabetes Federasie) beraam dat sowat 590 miljoen mense teen 2034 met diabetes gediagnoseer sal word. Dit is een uit elke 10 volwassenes! Tans staan die syfer op 382 miljoen mense. (Bron: www.who.org)

LEES DEEL 2 van dié artikel híér

In 2012 is was diabetes die direkte oorsaak van sowat 1,5 miljoen sterftes wêreldwyd. Diabetes tipe 2 word wêreldwyd 'n epidemie. En dit kan ons almal se voorland wees. Hoe beskerm jy jouself? (*Die artikel het in die November 2013-uitgawe van SARIE verskyn)

Jou wapen teen diabetes

Die pankreas vervaardig insulien, wat bloedsuiker (glukose) help om liggaamselle binne te gaan, waar dit as brandstof vir energie gebruik word.

Vinnige definisies

Bloedsuiker is afkomstig van koolhidrate wat afgebreek word. Dit word ook deur die lewer gemaak. Koolhidrate kom voor in onder meer styselkosse soos brood, aartappels, suiker en ander soet kosse. Vrugte, melk en groente (in kleiner hoeveelhede) bevat dit ook. As die hoeveelheid suiker in jou bloed styg (byna altyd as jy eet), vervaardig die pankreas meer insulien om suikervlakke stabiel te hou. Diabetes is wanneer jou liggaam nie die bloedsuiker doeltreffend kan gebruik nie en dit dus in jou bloed ophoop. Jy het glad nie insulien nie of te min (tipe 1), of jou liggaam kan dit nie doeltreffend gebruik nie (tipe 2), verduidelik webmd.com.

TIPE 1

(voorheen insulien-afhanklike diabetes genoem) Jou immuunstelsel vernietig die selle wat insulien vrystel.

TIPE 2

(voorheen nie-insulien-afhanklike diabetes genoem) Sowat 90 – 95% van diabete ly aan tipe 2, en dit neem toe. Die hoofkenmerk van die´ toestand is insulienweerstandigheid, die liggaam se onvermoe¨ om doeltreffend op insulien te reageer.

Simptome

Dit kan insluit

  • oormatige urinering
  • oormatige dors
  • verhoogde eetlus
  • moegheid/uitputting
  • gebrek aan belangstelling en konsentrasie
  • vomering en maagpyn (word dikwels met ander toestande verwar)
  • ’n tinteling of gevoelloosheid in hande of voete
  • onduidelike visie
  • gereelde infeksies en/of wonde wat stadig genees

011113SRM188.pdf

Húlle het almal diabetes - bekendes

Suid-Afrika is een van die lande waar die aantal mense wat met tipe 2- diabetes gediagnoseer word, die vinnigste styg. Die konserwatiewe skatting is dat 6,5% van volwassenes plaaslik dit het. In stede kan dit tot 13% wees. En jy weet dalk nie eens jy het dit nie. Dit kan ook jo´u´ voorland wees. Tog is daar hoop. Studies wys as jy ’n hoe¨ risiko vir tipe 2-diabetes het, kan klein veranderinge in jou dieet en oefening dit vertraag. Of selfs omkeer.

Inderwaarheid hoef ’n tipe 2- diabeet net 10% van sy liggaamsgewig te verloor om sy bloedsuikervlakke beduidend te verbeter. Nog nooit voorheen het medici so baie geweet oor tipe 2-diabetes en hoe om dit te beheer nie, maar steeds word a´l meer mense daarmee gediagnoseer. Dit word we^reldwyd ’n reuse-probleem. Suikersiekte, word dit in die volks- mond genoem. Maar dit is ’n mite dat jy diabetes ne´t van te veel suiker kry. Jou nommereen-risiko is ’n broer of suster of ouer met diabetes, volgens die organisasie Diabetes Suid-Afrika (www.diabetessa.co.za). Wetenskaplikes het sekere gene gei¨dentifiseer wat jou meer geneig maak om insulienweerstandig te word.

10 RESEPTE vir diabete

sk0804diabete04_200w Herderspastei

Vetjies, veral om jou middel, vergroot ook jou kanse drasties. In Suid-Afrika is sowat 68% van vroue en 20% van mans oorgewig/vetsugtig. En verfynde suikerkosse en lekkers kan jou sekerlik gewig laat aansit.

Diabetes tipe 2 word inderwaarheid veroorsaak deur ’n wisselwerking tussen jou gene en die omgewing. Jou genetiese bloudruk het ’n faktor nodig om die diabetes te ontlok, as’t ware die sneller te trek. Die gene word deur jou omgewing, soos leefstyl en dieet, ‘‘aangeskakel’’, verduidelik prof. Tess van der Merwe, voorsitter van die SA Vereniging vir die Studie van Vetsug (SASSO). (Sien kassie hiernaas vir genetikus se verduideliking

Vet om jou middel = hoër risiko

Kardioloe¨ weet lankal as gewig om jou middel saampak, die sogenaamde appelvorm, is jou kanse beter om hartsiektes te kry. Mense met ’n appelfiguur is meer geneig om insulienweerstandig te wees, het hoe¨ bloeddruk en cholesterolvlakke. Dit word saam onder ’n sambreelterm, metaboliese sindroom, gegroepeer. Metaboliese sindroom maak ook jou kanse vir tipe 2-diabetes groter.

Vroue het ook ’n groter risiko.

Dalk omdat vroue we^reldwyd meer oorgewig is, se^ dr. David Segal, endokrinoloog van Johannesburg. Hormone speel vermoedelik ook ’n rol. Vroue leef ook langer en jou risiko word groter soos jy ouer word. Swangerskap is nog ’n risiko. Gestasie- diabetes, wat laat in jou swangerskap verskyn en gewoonlik daarna verdwyn, verhoog ook jou kanse.

Nog risiko’s

Stres. Hanna het diabetes na´ haar man se skokdood ontwikkel. Dit ka´n gebeur, se^ prof. Van der Merwe. Stres verhoog jou kortisol- en adrenalienvlakke, en dit put die beta- selle in die pankreas, wat die insulien vrystel, uit. Jy moet egter ’n genetiese vatbaarheid vir diabetes 2 he^.

Etnisiteit. In SA het Indie¨rs die hoogste risiko, dan swart mense, bruines en laastens wittes.

Simptome

Tipe 1-diabetes begin gewoonlik skielik en dramaties, maar tipe 2’s het dikwels geen of min simptome, wat dit ’n baie verraderlike toestand maak, berig health24.com. Jy kan dit baie lank he^ voor dit gediagnoseer word. (Sien bl. 188 vir moontlike simptome.) ’n Vroee¨ diagnose is belangrik om komplikasie te vermy. (En selfs die toestand om te keer.) As jy enige risiko-faktore het, moet jy jouself elke jaar laat toets. Met ’n eenvoudige vingerprik-toets by jou plaaslike apteek kan jy binne ’n minuut weet of daar ’n sterk moontlikheid is dat jy dit wel het. Meer akkuraat is ’n vastende bloed- suikertoets wat jou dokter aanvra.

LEES DEEL 2 HIER