In SARIE se Augustus-uitgawe (nou te koop!) verskyn die artikel “Ouers geskei: hoe dit jou raak”. 

Skei jou ouers in jou kinderjare, kan dit nog jare daarna - selfs as volwassene - ’n effek op jou hê en hoe jy verhoudings benader.

Ilse Jordaan, sielkundige van Stellenbosch en Kaapstad, gee die volgende raad vir ouers wat nóú deur ’n egskeiding gaan:

* Moet nooit van jou kind verwag om kant te kies nie.

* Moenie sleg praat van die ander ouer nie.

* Wees eerlik met jou kind oor wat hy kan verwag. Moenie vir hom jok nie, maar moet ook nie intieme verhoudingsdetail bespreek nie.

* Moenie van jou kind verwag om die ouer te speel nie. Jy is die ouer en jou kind is die kind.

* Besoek ’n kliniese sielkundige vir indiepte-psigoterapie om deur jou eie probleme te werk.

* Neem jou kind na ’n sielkundige indien hy enige emosionele of persoonlikheidsveranderinge toon.

* Werk aan jou verhouding met jou kind. Kinders wat goeie verhoudings met albei ouers het en geborge voel deur die verhouding (m.a.w. of die ouers nou bymekaar is of nie), het dikwels nie soveel langtermyn-onverwerkte emosies nie.

Lees die volledige artikel in SARIE se Augustus 2019-uitgawe.