emmavogue_300wIn 'n meningspeiling op AskMen.com waaraan meer as 20 000 mans deelgeneem het, het die meeste gesê hulle sal graag met die plat-op-die-aarde-aktrise Emma Stone (op die hooffoto regs en regs) wil uitgaan.

Emma Stone se glansryke oë

Hulle het haar bó die Sports Illustrated-model Kate Upton (op die hooffoto links) gekies. Nie dat ons sê Kate Upton 'n breinlose poppie is nie, maar om vir Kate Upton verby te sien, verras ons.

Emma wat op die oomblik met haar Spider Man mede-akteur, Andrew Garfield, uitgaan is bekend vir haar natuurlike skoonheid en rustige persoonlikheid.

Emma Stone super-verlief én super-stylvol

emstone_630wFOTO: Meer mans het gesê hulle sal eerder met Emma (regs) wil uitgaan as met Kate (links).

[box:full:red:both]

Waarna soek mans in 'n maat?

36% soek lojaliteit

26% soek iemand wat vir hulle omgee

20% soek 'n vrou met 'n goeie sin vir humor

[/box]

[box:full:red:both]

Met wie wil hulle eerder uitgaan?

29% - Emma Stone

28% - Kate Upton

28% - Jennifer Lawrence

9% - Tina Fey

6% - Kerry Washington

[/box]