Sterwendes het baie liefde nodig, hoor jy gereeld by mense wat hulle bystaan. Wanneer die dood nader kom, verval die meeste van die dinge wat jy vroeër gedink het so belangrik is. Niks maak nou meer saak as die kontak met jou naastes en jou vriende nie. Dit is nou wanneer jy regtig die waarde van
ander mense besef. Ons lewe in ’n kitswêreld en raak gewoond daaraan dat ons alles met
die druk van knoppies kan doen. Maar vriendskappe het aandag en tyd nodig en kan nie op kitsaandag
gedy nie.

Lenie se wenke

  • Beplan jou tyd. Maak lysies, daagliks en weekliks. Jy sal meer uitgerig kry en meer tyd hê.
  • Maak ’n lysie van jou vriende, oues en nuwes. Bel een maal per week ’n vriend/in en merk dit af. Skryf die naam weer onderaan die lys.
  • Spoor ou vriende op. Die internet maak dit deesdae makliker.
  • Wens vriende geluk op hul verjaardag en ander belangrike datums. Hou ’n verjaardagboekie/kalender aan. Moenie teksboodskappe stuur nie, dis te onpersoonlik.
  • Kies vriende met wie jy koffie-afsprake kan maak.
  • Nooi vriende uit vir tee/ete by jou huis. Jy hoef nie so vreeslik moeite te doen nie. Dit gaan oor die vriendskap en om gehaltetyd saam deur te bring.
  • Beplan om soms iets prettigs saam te doen. Beoefen stokperdjies saam, of volg kort kursusse.
  • Kom gereeld weg van jou werk se druk en die lewe se eise – en deel dié tyd met jou vriende