Raadop wat om vir jou geliefde op Valentynsdag te gee? Ons het ’n soortgelyke kaart op die internet gesien en besluit om ons eie weergawe te maak, want dit is baie slim!

Druk dit uit of stuur dit per e-pos en jou geliefde kan hul perfekte dag skep. Of beter nog, vul dit sommer self in en los dit vanaand waar jou Valentyn dit kan sien.

Merk een boksie in elke kategorie vir die perfekte dag.

(Regs-klik en druk 'save')
Valentynsdag 2015
Oorspronklike idee: Real Simple

Nóg ’n idee vir die Valentynsnaweek

Daar's nie ’n beter tyd as om die spesiale persoon (of persone!) in jou lewe uit te neem vir ’n fliek nie!

Die nuwe Afrikaanse rolprent Mooirivier (die eerste ensemble-fliek in Afrikaans) wys tans op die grootskerm!

Moenie dié fliek misloop nie - koop sommer jou kaartjie nou en verseker jy kry 'n sitplek.

Mooirivier Valentynsdag 2015Lees nou