Het jou ma jou dan nie maniere geleer nie?” betrap jy jouself dink

as jou metgesel nie die deur vir jou oophou nie. Dan onthou jy: dis nie meer 1920 nie

en ’n vrou is regtig seker sterk genoeg om ’n deur vir haarself oop te maak.

Maar jy wonder: Waar is die sjarme en bekoring van jare gelede heen? Bestaan die gentleman nog?

“Beslis. Hy lyk net ’n bietjie anders,” sê Charlotte Youens, ’n etiket-kenner en eienaar van The Elegant Touch-etiketskool in Johannesburg.?“Sekere maniere wat eens as hoflik beskou is, is dalk

net nie meer vandag van toepassing nie. ’n Vrou mag beslis vandag op ’n afspraak vir haarself iets bestel in ’n restaurant, en selfs die wyn kies en die rekening betaal. Maar ander maniere is vandag net so van pas soos in toeka se tyd: ’n man behoort byvoorbeeld voor te loop in ’n restaurant, deure oop te hou en aan die pad se kant te loop as hulle op ’n sypaadjie stap.”

Dr. Etienne Kok, ’n mediese dokter en sielkundige met verdere opleiding in seksterapie van Pretoria, sê die gentleman het van gedaante verander. “Die ridder op die wit perd bestaan nie. Geld, mag en sukses is die dinge wat die moderne vrou aantrek.”

Is daar dan nog plek vir so ’n man?

Vroue vlieg vandag vegvliegtuie, dien in die polisie, maak swaar masjinerie reg, bestuur resieskarre en heers oor nasies, sê Charlotte. “Die moderne vrou kan enigiets doen wat ’n man kan, so dis verstaanbaar dat mans dalk wonder waarom hulle nog hul sitplek moet opoffer of aanbied om pakkies te dra.

“Maar ’n gentleman weet dié soort optrede wys respek en hoflikheid teenoor sy medemens. En dit maak die las van die alledaagse lewe minder swaar.”

Bettie Kemp Bettie Kemp, RSG-omroeper en TV-aanbieder, stem saam. “Dit gaan nie oor geld nie, maar oor sy houding – hy laat ’n vrou spesiaal en vroulik voel deur vir haar blomme?te koop, al het hulle dalk aartappels meer nodig. ’n Vrou kan natuurlik dié dinge self doen of daarsonder oor die weg kom, maar dit maak die lewe soveel lekkerder.

“’n Hedendaagse gentleman weet as sy vrou goed voel, is sy lewe en huis ’n baie beter plek.”

Retha Alberts, ’n internasionale sakekonsultant en leierskap-afrigter, sê ’n gentleman word in die sakewêreld net so waardeer soos elders, en dié byna ouwêreldse sjarme is beslis nie uitgedien nie. “Die tradisionele gentleman pas net sy maniere ietwat aan om meer prakties te wees. Maar dit maak steeds my knieë lam as ’n man opstaan wanneer ek die tafel verlaat.”

Louis Awerbuck, ’n Kaapstadse sielkundige, sê die aard van wat vroue soek, verskil dalk, maar alle vroue wil met respek behandel word – en ook anders as mans hanteer word.

Vir sommige vroue kan sekere gedrag byna as ’n be- lediging beskou word, terwyl ander dit as ’n móét sien. “Daarom moet ’n vrou vir ’n man kan sê wat sy wil hê, en hy moet genoeg respek vir haar hê om dit te doen. Mans verstaan nie altyd die stryd teen stereotipering wat vroue steeds in die samelewing moet veg nie, en hulle besef nie hoe dikwels vroue nog voel daar word teen hulle ge- diskrimineer nie.”

Louis se verloofde, Lise Swart, TV- en radio-aanbieder, beskryf hom as ’n regte gentleman. Sy vertel toe hulle begin uitgaan het, het hy voor haar ingespring om die motordeur oop te maak: “Dit het my nogal laat skrik! Ek het toe vir hom gesê ek waardeer dit, maar as ek voor hom by die deur is, sal ek dit self oopmaak, en hy was gemaklik daarmee. Lise Swart

’n Gentleman besef wat ’n vrou gemaklik sal laat voel en tree dan só op.

“Dis oneerbiedig van ’n man om sy maniere op ’n vrou af te dwing, maar dis ook verkeerd van ’n vrou om minderwaardig te voel en niks te sê nie.”?Dit gaan ook nie altyd oor wát die man doen nie, maar

die betekenis daaragter, sê Etienne. “’n Man kan byvoor- beeld vir ’n vrou wys hy is hoflik deur vir haar die motor- deur oop te maak. Maar sy kan dit beskou as ’n boodskap dat sy swak of minderwaardig is ... al is dit gewoonlik nie mans se bedoeling nie.”

“Dis hoekom kommunikasie so belangrik is,” sê Retha, “want mense se behoeftes verskil.”

Etienne meen vroue wat in ’n huis grootword waar die pa hul ma met respek hanteer, sal gewoonlik ’n gentleman wil hê, en dié seuns sal gewoonlik gentlemen wees. “Maar daar ontstaan verwarring as een persoon in die verhouding só grootgemaak is en die ander nie.”

Volgens hom het feminisme vandag ’n groot invloed op die rolverwagtinge van mans en vroue. “Voorheen was daar duidelike grense. Die hedendaagse vrou ervaar geweldige druk om baie dinge gelyk te doen en te wees, en dit het haar verwagtings van ’n man verander. ’n Man weet dan dalk nie wat sy plek in haar lewe is nie. In reaksie bou haar frustrasievlakke op tot die punt waar sy dinge sê en doen wat hom ontman laat voel.”

Breyton Paulse Breyton Paulse, oud-Springbokrugbyspeler en deesdae TV-aanbieder, het van kleins af geleer om respek te hê vir ander en byvoorbeeld almal vriendelik te groet en vroue eerste by ’n deur te laat inloop. “Tye het egter verander en deesdae is dit ’n groter uitdaging om ’n gentleman te wees. In die gejaag vergeet baie dat dit die klein dingetjies is wat saak maak.

“Mans weet ook nie altyd presies wat vroue wil hê nie. Ek dink jy moet daaroor gesels, vra die vrou wat sy verwag, sodat jy weet waar jy staan.”

Retha sê mans én vroue moet onthou gelykheid, wat ken- nis en vermoëns betref, moenie met wedersydse respek en goeie maniere verwar word nie. “Dié respekvolle wissel- werking maak mans meer manlik en vroue meer vroulik.”

Sekere reëls het vanweë praktiese en ekonomiese redes verander, sê sy, maar mans en vroue moet “onderdanig” kan wees wanneer omstandighede dit vereis – nes ’n man nie dinge op ’n vrou moet afdwing nie, moet sy ook byvoor- beeld nie dominerend aandring om vir die ete te betaal as hy dit wil doen nie. “Die fokus moet wees op ’n wen-wen- uitkoms, met openlike kommunikasie daaroor.”

Die moderne gentleman, sê Retha, kan verskillende ge- daantes aanneem. Van die goed versorgde lekkerruik- metroman tot die onpretensieuse ou met die stoppelbaard. Die gemene deler is die vermoë om gesonde waardes uit te leef. “Vandag se gentleman openbaar deurlopend gedrag wat spreek van sagmoedigheid, begrip, empatie, nederig- heid en respek vir homself, vroue en ander mans.”

Jakkie Louw, sanger, reken dié gedrag is deel van die Afrikaanse kultuur en moenie vergete bly nie. “Ek loop voor in ’n onbekende plek, ek versorg ons eenjarige, Linke, as my vrou, Anél, tyd of ruimte soek, en ek dra blomme uit die bloute aan. Met goeie maniere probeer mans wys ons wil vir ’n vrou sorg en omgee, nie domineer nie.”

Etienne sê die moderne metroman is ook meer in kontak met sy gevoelens en vroulike kant, maar dit maak hom nie minder man nie. “Hy bly steeds die jagter, en terselfdertyd die wildbewaarder wat die bokkie wil beskerm. Hy gebruik woorde en gedrag wat vir sy maat wys sy is vir hom kosbaar en belangrik.”

In die slaapkamer sal dié man besef dat goeie seks begin met “goeiemôre”, en sensitiewe gedrag die res van die dag – want ’n vrou se behoefte aan seks word bepaal deur alles wat die dag gebeur en die gehalte van haar verhouding met haar maat.

Maar hoe hanteer ek hom?

’n Goed gemanierde vrou sal ’n man toelaat om hof- lik te wees en hom daarvoor bedank, sê Charlotte. “Sy doen dit selfs wanneer sy maniere ’n bietjie ouderwets is. Daarteenoor sal sy nie onder druk voel om soos swak gemanierde mans op te tree net om in te pas nie.”

Sy weet ook hoe om nee te sê, sê Louis. “Mans verstaan wat nee beteken, maar hou nie daarvan om afgejak of verneder te word nie. Jy hoef nie oorvriendelik te wees nie, maar ’n ferm, hoflike ‘nee’ word waardeer.”

En sy weet mans, nes vroue, soek erkenning en aandag en wil soms soos die held voel, sê Etienne. “Laat hom voel hy is nie net een van die pligte in jou dag nie.”

Onthou, mans hanteer kritiek nie maklik nie. “As ’n vrou ’n skerp tong het, neul of die hele tyd vir hom vertel hy is nie goed genoeg nie (hetsy in die bed, as pa, by die werk, of selfs sy klere- en musieksmaak), voel hy soos ’n kind en dus ontman.

“’n Vrou wat haar man toelaat om ’n gentleman te wees in die slaapkamer, verwag nie dat hy moet raai waarvan sy hou nie, maar sê of wys subtiel vir hom wat haar prikkel. Sy wys ook sy geniet seks met hom.” Dít alles laat hom soos ’n man voel, en in ruil tree hy dan soos ’n ware gentleman teenoor jou op.

Van toeka tot nou

TOE ...

NOU ...

... sou hy niks “vrouliks” gedoen het nie en sy manlikheid bewys het.
 
... is hy pure man, maar ook gemaklik met sy vroulike trekke of belangstellings.
 
... het hy sekere sake, soos geld, namens sy vrou hanteer.
 
... behandel hy sy vrou soos sy gelyke op intellektuele en emosionele vlak, maar besef dat mans en vroue steeds verskil.
 
... het hy gewerk sodat ma die kinders kan oppas en kos kook.
 
... is hy gemaklik om ook tuis te help of die kinders op te pas, of selfs ’n tuisteskepper te wees met sy vrou as broodwinner.
 
... het hy vir sy vrou geld gegee om haarself te versorg.
... versorg hy homself ook. Nie net met die basiese nie, maar ook gesigbehandelings of manikure.

 
... sou hy rugby gaan kyk en vir sy vrou ’n balletkaartjie koop.
 
... is hy gemaklik by die rugby, die teater of aandete saam met jou ouers. En hy weet hoe om reg op te tree vir die geleentheid.