Dalk nie eens een nie...

 Maar nie almal hou van 'n kersligete wat tien teen een met met 'n groot rekening afgesluit word nie.

Maak eerder tyd om in 'n salige, lekkerruik-bad te lê; haal daardie rok uit wat jy hoe lank al bêre vir 'n spesiale geleentheid en droom van die aandjie wat voorlê. Dit hoef nie 'n kersligete in 'n vyfster-restaurant te wees nie. Gaan stap sommer langs die see of kruip in 'n fliek weg en hou hande vas in die donker.

lux Skryf nou in vir die SARIE/LUX Spark-paartjie!

luxWarren Munitz van Integrated Life Coaching sê juis:Date night werk nie vir almal nie."

Dalk het julle niks meer nodig as om die kinders en die skottelgoed by die huis te los en gereeld vir 'n paar uur saam deur te bring nie. Nie almal het kerslig nodig om te sien dat hy steeds die man is waarop jy verlief geraak het nie.

Vonk-feit*: 40% van SA vroue meen dat meer pret die vonk in hul verhouding sal terugsit.

En as jy eers (weereens) besef het dat hy die man vir jou is, is dit maklik om van voor af te besef dat hy die een is vir jou, selfs al vergeet hy soms om die hond te voer of die vullisdrom op die sypaadjie te sit.

"Almal soek onvoorwaardelike liefde en wanneer jy dit vind, skep dit nie 'n vonk nie, maar sommer 'n hele veldbrand!” meen Warren

Vertel ons hoe jy die vonk in jul verhouding hou. Ons hoor graag. Daar wag 'n fantastiese prys op die eerste SARIE/LUX Spark-paartjie. Klik hier om deel te neem.

*LUX Chanel 5 Suid-Afrika Spark-navorsing 2013