Op 14 Julie skop kykNET se Boer soek 'n vrou 2 af. En aanbieder Elma Postma is alweer besig om SA se paaie plat te ry op soek na maats vir die boere in dié reeks.

Maar gerugte loop dik dat van die boere nie belangstel in liefdesbriewe van vreemde vroue nie. Hulle wil eintlik net vir Elma hê! Dit het SARIE 'n idee gegee . . . om vir Elma 'n droomman te soek. Sommer net vir die pret!

Drie manne moes naderstaan - 'n wynboer, 'n amper-prokureur en 'n bekende sanger - en 'n vraelys wat Elma (met die hulp van Marilyn Welch, 'n matchmaker van Pretoria) opgestel het, invul.

In jou Junie-uitgawe kan jy sien wie sy gekies het.

Maar dink jy jy het jóú droomman ontmoet? Voor jy té opgewonde raak, kyk eers na dié 10 vrae wat Marilyn spesiaal vir SARIE opgestel het.

Is hy jou droomman? Hier's die vrae
    1.    Is hy goedhartig en sensitief?
    2.    Het hy ’n goeie sin vir humor?
    3.    Laat hy jou spesiaal voel?
    4.    Is hy onafhanklik? (Hy bly nie by sy ouers nie. Hy verdien ’n salaris.)
    5.    Hou hy van kinders en diere? (Dit sal wys of hy empaties is.)
    6.    Wat het verkeerd geloop in sy vorige verhoudings en wat het hy daaruit geleer?
    7.    Het hy doelwitte?
    8.    Is hy buierig en afsydig?
    9.    Hoe tree hy op teenoor sy ma?
    10.    Watter soort vriende het hy? (Die gesegde lui nie verniet jy word geken aan jou vriende nie.)

Vir nog dating-wenke, besoek www.perfectstrangers.co.za

*Moenie jou Junie-uitgawe van SARIE misloop nie waarin Elma Postma van háár droomman vertel. Vanaf 4 Mei te koop.