Die jongste egskeidingsyfers van Statistieke SA skilder ’n hartseer prentjie.

In 2016 was 44,4% van alle egskeidings dié van paartjies wie se huwelik al langer as ’n dekade gehou het, volgens ’n verklaring van SA Huweliksweek. Die mans was gemiddeld 40 jaar en die vroue 44, wys die statistieke. Val jy in hierdie groep?

Volgens Kurt Paulse, prokureur van Worcester, is buite-egtelike verhoudings steeds die grootste oorsaak vir egskeidings. Ander oorsake is mishandeling en aftakeling - fisiek, emosioneel en geestelik.

Is daar enige goeie nuus?

Volgens die statistieke het die getal Suid-Afrikaners wat trou, met 12,3% gestyg. Gautengers neem die voortou met 37,1% van paartjies wat trou. 

Paartjies trou wel later: Die gemiddelde ouderdom waarop mans trou is 36, en vir vroue is dit 32. 

Wilmé Steenkamp, ’n kliniese sielkundige en seksuoloog, meen kommunikasie bly die belangrikste vir huwelike wat slaag.

"Kommunikeer oor alles, albei partye het dieselfde verantwoordelikhede."