* Begin met net één klein verandering in ?jou daaglikse roetine. Só raak jy stelselmatig gewoond daaraan dat verandering nie oorweldigend of angswekkend hoef te wees nie.  

* Doen dieselfde dinge ánders. Speel jou ?gunsteling-musiek terwyl jy aandete berei, ?of ry langs ’n ander pad werk toe.

* Sluit iets nuuts in by jou bekende roetine. Sluit bv. aan by ’n groep wat gemeenskaps?werk doen.  

* Vervang ’n geroetineerde handeling ?met iets anders. Gaan stap eerder as om ?TV te kyk.

* Roetine stomp jou af van die klein ?dingetjies wat jou lewe kan verryk. Kyk ?met nuwe oë om jou, as jy bv. toustaan. ?Jy kan selfs ’n geselsie met iemand in die ?ry aanknoop.  

* Beloon jouself vir selfs die kleinste ver?andering. En as jy in die ou roetine vasval, vergewe jouself en probeer wéér.

Bron: Wirika Field