Mense wat al swaar-?gekry het, is dikwels ?die gelukkigste.

“’Jy ontmoet dikwels mense wat trauma, verlies of tragedie beleef het, en steeds ’n passie vir die lewe uitstraal,” sê Toni. “Die ongelukkige dinge wat hulle beleef het, het hul persepsie van die lewe so verander dat hulle voluit leef – en elke oomblik waardeer. Hierteenoor is baie mense met wie dit eintlik goed gaan, terneergedruk of verveeld.”

Wat jy kan doen

“Aanvaar dat slegte dinge gedurig met goeie mense gebeur en dat niemand hiervoor verantwoordelik is nie. Besef dat jou geluk nie afhang van jou emosies of omstandighede nie,” sê Toni.  

“Dinge soos siekte en dood is deel ?van die lewe, net soos gevoelens van ?rou en depressie. Sê: ‘Ek het ’n lewe, ?ek moet dit leef en ek kan gelukkig ?wees terwyl ek dit doen, ten spyte van wat in die proses gebeur. Ek sal gevoelens soos hartseer en depressie ervaar, maar ek moet dit verwerk en aangaan. Die lewe is ook vol liefde en vreugde en baie seëninge.

“Jy is ’n komplekse mens met sterk en swak punte As jy van jouself hou, jouself aanvaar, sal ander ook.”