Dié inligting is bykomend by die artikel "Ter wille van my man" wat raad gee as jy altyd voel jy offer meer op in verhoudings.

  • Jy loop op eiers en probeer heeltyd om jou maat nie teleur te stel nie.

  • Jy sê ja ter wille van goedkeuring en aanvaarding en nie omdat die situasie dit regverdig nie.

  • Jy stem in sonder om eers daaroor te dink.

  • Jy doen dinge teen jou persoonlike waardes en gesonde verstand.

  • Jy voel dikwels jy het nie eintlik seggenskap in wat gebeur nie.

  • Jy voel ingeloop en onvergenoegd omdat jou eie behoeftes nie bevredig word nie.

  • Jy blameer aanmekaar iemand anders vir die situasie waarin jy is.

  • Jy word afgedreig of gemanipuleer om toe te gee. “As jy dit nie doen

    nie, sal ek …”

Bron: Dr. Annalize Green, sielkundige van Pretoria

Lees die volledige storie HIER