Dié inligting is bykomend by die artikel "Ter wille van my man" wat raad gee as jy altyd voel jy offer meer op in verhoudings.

  • Kommunikasie is die sleutel tot goeie en gelukkige verhoudings. Om nie te praat nie bring al die slegte emosies na vore wat reeds genoem is. As jy konflik vermy, beteken dit nie dit verdwyn nie. Jy krop net op en dit lei later tot verwyte en bitterheid.

  • Roer die saak aan deur hom met vrae te konfronteer. Soos: “Dink jy dit is regverdig teenoor my behoeftes as ons altyd net jou wense bevredig? Wat gaan van my/my beroep word as ons weer trek?” Maak hom dus daarvan bewus dat jy ongelukkig is deur vrae te stel, maar moenie aanvallend wees nie. Laat hom besin eerder as homself verdedig.

  • Jy moet grense stel. Wees eerlik met jouself, of jy wel vir die opoffering kans sien. (Veral as dit ’n patroon geword het.) Sê ’n slag: “Nee, ek is jammer, maar ek sien nie daarvoor kans nie.” Dit sal hom ook laat besin, want hy moet jou nou met grondige argumente/redes vir sy “versoek” probeer oortuig.

  • Moenie “ja” sê en “nee” bedoel nie, dit lei tot emosionele spanning wat jou geestesgesondheid benadeel. Sê hoe jy voel, sê nee.

Bron: Dr. Pieter du Plessis, kliniese sielkundige van Pretoria

Lees die volledige storie HIER