1. Jy en jou maat wil gaan uiteet. Watter soort eetplek kies julle?

a) Julle stem gou saam oor watter een

b) Julle neem beurte om een te kies

c) Julle sit altyd vas oor waarheen om te gaan

2. Hoe dikwels stry julle oor geld?

a) Gereeld

b) Soms

c) Nooit

3. Vir baie mense is absolute getrouheid die sleutel tot ewige liefde. Hoe dink julle daaroor?

a) Ons tref albei kompromieë

b) Ons verskillende sienings veroorsaak konflik en angs

c) Ons het presies dieselfde mening

4. Wat gebeur tydens ’n tipiese aand voor die televisie?

a) Julle kyk in aparte vertrekke na jul programme, want jul smaak verskil

b) Julle geniet dieselfde programme

c) Julle stry spelenderwys oor wie baas is van die afstandbeheer

5. Hoe gereeld maak julle liefde?

a) Ons behoefte stem ooreen

b) Ons kommunikeer goed genoeg om te verstaan as die antwoord soms “nee” is

c) Ons verhouding is gegrond op ’n wedersydse behoefte aan wilde passie

6. Party mense hou graag partytjie, ander verkies ’n stil aandjie tuis. Hoe goed strook jul behoeftes?

a) Ons bestee ons vrye tyd dolgelukkig saam

b) Een kies partytjies, die ander lê voor die kassie. Die onpaar paar!

c) Hy gaan een Vrydagaand uit met sy vriende, die volgende week gaan ek weer saam met my vriendinne. Dit pas ons albei só

7. Dis nuustyd. Jou geliefde begin luidkeels sy politieke sienings verkondig. Jy ...

a) Word smoorkwaad

b) Stem met hom saam

c) Hou op nuus kyk en gaan skakel liewer die ketel aan

8. Pornografie kan ’n seksuele verhouding ’n hupstoot gee – of dit vernietig. Watter rol speel dit in jul verhouding?

a) Ek’s nie entoesiasties daaroor nie

b) Ons geniet dit albei

c) Dit veroorsaak baie argumente

9. Jy is lief vir diere en wil graag ’n troeteldier hê. Wat sê jou maat?

a) Al die hare en gemors die wêreld vol. N.E.E. spel NEE!

b) As dit jou gelukkig maak

c) Dis ’n goeie idee

10. Wat dink jy sê ander mense oor julle?

a) Is hulle nie die perfekte paartjie nie?

b) Wat sien sy/hy in hom/haar?

c) Hulle het seker baie gemeen, hoewel ’n mens dit nooit sou sê as jy na hulle kyk nie

Werk jou telling uit:

1) a=10 b=5 c=0

2) a=0 b=5 c=10

3) a=5 b=0 c=10

4) a=0 b=10 c=5

5) a=10 b=5 c=0

6) a=10 b=0 c=5

7) a=0 b=10 c=5

8) a=5 b=10 c=0

9) a=0 b=5 c=10

10) a=10 b=0 c=5


So het julle gevaar:

75 – 100 Die ware Jakob! Jul liefde sal waarskynlik hou. Sielkundiges het vasgestel as julle dieselfde oor dinge dink, is jul kanse aansienlik beter om bymekaar te bly. Julle pas goed – julle stem saam oor die belangrike dinge in die lewe, soos of julle wil kinders hê of nie, die belangrikheid van hoflikheid, godsdiens, intelligensie en selfs hoeveel oefening julle verkies. Interessant genoeg is twee van die belangrikste faktore die soort kos en TV-programme wat julle verkies, want dis ’n groot deel van ons daaglikse lewens.

45 – 70 Julle het gekliek. Maar julle sal dalk moet onderhandel en kompromieë tref om dit vir altyd te laat werk. Die grootste ding wat vroue bekommer, is die kyk van pornografie. As julle ernstig hieroor verskil, gaan dit moeilik wees om te hanteer. Aanvaar die verskille tussen julle, maar werk daaraan om die dolverliefdheid na commitment te laat aanskuif. Gee dié vraelys ook vir jou maat en gesels oor jul antwoorde. As julle steeds gelukkig saam is, gee dit ’n kans.

0–40 Dis ’n lekker flirtasie – geniet die passie. Maar moenie sommer planne vir die toekoms maak op grond van aantrekkingskrag alleen nie. Julle stem nie oor genoeg fundamentele dinge saam nie. En dis dié dinge wat ’n verhouding op die lang duur laat werk. Die flirtasie is prettig, maar sal waarskynlik oorwaai. (Tensy julle die uitsondering op die reël is.) Moenie té teleurgesteld wees nie. Baie mense ervaar nooit in hul hele lewe die passie wat jy kortliks met jou minnaar beleef nie – kort, dog intens.