“Om as vrou énige beroep te mag volg. Vroue regeer volke, lei navorsing, bestuur reuse-maatskappye, preek in kerke. Die beste gemeenskapsprojekte word deur vroue uitgedink ...”

Sy reken voorts grys denke maak dit moontlik om gebruike en tradisies te bevraagteken. Ook politicie! 

Aan die negatiewe kant: “Die hooftema dat mý behoeftes ten alle koste vervul moet word maak dat ons ander mense dalk minag. Dié grys beginsels het dikwels ’n baie negatiewe inpak op verhoudings.

Norme en waardes word afgemaak as outyds. Indien die fokus suiwer op selfbevrediging is, waai beginsels soos respek, eerlikheid en getrouheid by die deur uit."