Dié wenke kom uit Mary se boek The Wealthy Woman – A Man is Not a Financial Plan en is saamgestel deur The Star.

1

Vergeet van die gesegde "fake it till you make it". Voordat jy jouself beloon met enige luukse handsak of parfuum, moet jy eers die geld werklik verdien het. Korttermyn bevrediging lei tot langtermyn finansiële verdriet.

2

Begin op ’n vroeë ouderdom spaar, want jou beste vriend is saamgestelde rente.

3

Weet hoeveel jy werd is - weet wat op jou bankstate staan en wat jou bates is. Jy moet objektief jou geldelike status beoordeel - die bates én jou skuld.

4

Volg die SMART-beginsel.

S - Wees spesifiek. Weet presies met hoeveel geld jy jou welvaart wil vermeerder.

M - Meetbaar. Hou jou begroting goed dop - weet waarvandaan kom die geld en waarheen dit verdwyn.

A - Attainable. Moenie onrealisties wees oor wat jy kan vermag nie.

R - Relevant. Kies waarvoor jy spaar - vir ’n huis of daardie Louis Vuitton-handsak.

T - Tyd. Stel vir jouself ’n teikendatum teen wanneer jy jou geldelike doewitte wil bereik.

5

’n Man is nie ’n finansiële plan nie. Jy kan nie daarop reken dat jou eggenoot genoeg geld gaan verdien nie. En wat gebeur as hy sterf of julle skei?

6

Kry inligting. Leer meer oor geld, praat metfinansiële raadgewers en leer oor banke se spaarplanne.

7

Onthou, klein besparings word groot besparings. Spaar eerder ’n klein bedrag gereeld - dit bou darem ’n lekker neseier.

8

Hou dagboek van jou uitgawes. Net soos mense gewig verloor wat dagboek hou van hul dieet, spaar mense meer wat gelddagboek hou.

9

Plastiek is nie altyd die antwoord nie. Pasop om sommer net jou kredietkaart uit te ruk. Studies het gewys jy bestee twee keer soveel as wat jy sou wanneer jy kontant betaal.

10

Jy moet altyd ’n rainy day-fonds hê.

mary watson

Koop Mary se boek hier