• Bepaal waarvoor jou kind sakgeld nodig het. Dit sal verskil as dit net vir gewone uitgawes soos lekkers, koeldrank en fliek is teenoor wanneer hy byvoorbeeld sy eie klere moet koop.
  • Kom met jou kind ooreen watter take in die huis sy verpligting is en watter take hy kan doen vir ekstra geld.
  • Leer hom van kleins af van begrotings en finansiële bestuur met sy eie sakgeld.
  • Wees ferm as hy oorbestee omdat hy nie beplan het nie.
  • Leer hom om te begroot vir dinge soos kollektegeld en geskenke vir maats.
  • Maak vir hom ’n bankrekening oop en as hy oud en verantwoordelik genoeg is, leer hom om veilig met ’n OTM-kaart te werk.