Dis nie net die petrolprys wat styg, vakansiedorpe wat skielik stiller word en werk wat skaars raak in ’n resessie nie – verhoudings is ook in gevaar. Dit is omdat geld een van die grootste twispunte vir paartjies is, sê Ilze Alberts, ’n gesinsgedragspesialis en welvaartsielkundige van Johannesburg. “Geld is ’n sensitiewe onderwerp. Iets wat paartjies dikwels sukkel om oor te praat – soms uit vrees vir die toekoms, Maak jul liefde jul verhouding te wees nie. Inteendeel, as julle jul geldsake reg bestuur, kan dit julle nader aan mekaar bring en as ’n span laat saamwerk.

WEES EMOSIONEEL VOORBEREID

Vir enige verhouding om te werk, moet julle albei weet wie julle is, sê Veronique Breugelmans, ’n lewensafrigter en eienaar van Just Be Coaching & Consulting of omdat hulle skuldig of skaam voel oor hul besteding of oor skuld. Dus word dit ’n taboe-onderwerp, want wie wil nou deur hul maat veroordeel word of hulself aan konflik blootstel? Maar swye vererger net die probleem.”

En terwyl die resessie van 2007 tot 2009 se nadraai steeds nie heeltemal uitgewoed is nie, is die volgende een reeds hier, waarsku Esmé Theron, ’n finansiële beplanner van Pretoria. Geld hoef egter nie ’n struikelblok in in Johannesburg.

“As jy jouself ken, ontwikkel jy selfvertroue en eiewaarde en dít laat jou meer doeltreffend met die wêreld en ander mense omgaan. “Jy kan nie die lewe beheer nie, maar jy kan die manier wat jy daarop reageer, verander. As jy ’n gevoel van eiewaarde het, is jy minder geneig om mense of toestande om jou te blameer, en meer geneig om jou wêreld en jou mense te waardeer en empatie te hê. Maar wanneer jy onseker is van jouself, soek jy makliker fout by jou geliefde of die mense om jou.”

STEL ’N DEEGLIKE BEGROTING OP

’n Begroting is noodsaaklik – nie net wanneer dit moeilik gaan nie, maar in goeie tye ook, sê Esmé. Stel só ’n goeie een op:

  • Maak ’n lys van jul albei se inkomste en uitgawes per maand. Wees eerlik en deeglik, en onthou die “verskuilde” uitgawes soos bankkoste.
  • Gee julself nou elk 10% sakgeld indien moontlik. ’n Begroting moenie soos ’n straf voel nie.
  • Sit dan spaargeld weg (sien “Kry ’n Plan B”). Mik vir 10%, maar enigiets is beter as niks.
  • Maak ook voorsiening vir aftrede, deur byvoorbeeld ’n annuïteit uit te neem.
  • Sorg dat julle jul duurste skuld (dié met die hoogste rentekoers – gewoonlik kredietkaartskuld) eerste afbetaal. Hersien jul uitgawes en probeer sny waar julle te veel uitgee.
  • Stel nou finansiële doelwitte op. Deel dit op in doelwitte op kort termyn (bederfies, soos ’n wegbreek), medium termyn (dalk wil jy oor ’n jaar of twee jou motor inruil vir ’n nuwe een), en lang termyn (om dalk jou kind se studies en jou aftrede te kan bekostig). H
  • ersien jou begroting en doelwitte jaarliks om jou vordering te bepaal.
  • Kyk elke week of julle by die begroting hou en pas dit aan waar nodig. As julle dit te lank los en dán besef die begroting is ongebalanseerd, gaan julle net hulpeloos voel.

KRY ’N PLAN B

Selfs al hou julle presies by jul begroting, kan onvoorsiene dinge steeds gebeur – en in ’n resessie is die kans hierop groter. Buiten gewone spaargeld, moet julle ook ’n nood-spaarfonds opbou, sê Esmé. Dié fonds moet minstens gelykstaande aan drie maande se salaris wees.

Jou Plan B kan ook dinge insluit soos om jou kwalifikasies uit te brei of vryskutwerk oor naweke te doen sodat jy opsies het as jy sonder werk sou sit. Só hoef jy dan nie planne te beraam wanneer die ergste reeds gebeur het en jy dalk nie helder dink nie. Maar as dit te laat is en een van julle is dalk reeds werkloos, is daar ook slim maniere om geld te spaar. “

Stel ’n Plan B-begroting ook op, waar julle soveel moontlik uitgawes sny. Selfs versekering kan gesny word as dit baie sleg gaan. As julle gesond is, is ’n hospitaalplan pleks van ’n volledige mediese fonds voldoende,” volgens Esmé.

FOKUS OP DIE HEDE

Dis onmoontlik om heeltemal bestand te wees teen slegte ekonomiese tye – jy kan nie alles beheer nie en gaan jouself net ongelukkig maak as jy probeer, sê Veronique. “Dit is gerusstellend om voorbereid te wees op moeilike tye, maar maak net seker dié voorbereidings oorweldig jou nie.

Dit help ook nie jy fokus selfs in goeie tye op dít wat kan skeefloop nie, want dit jaag net jou angsvlakke op. Sorg dat jy ’n balans handhaaf – moenie nét spaar, belê en versekering koop nie; geniet ook jul geld, want julle werk hard daarvoor.” En as die moeilike tye reeds aangebreek het, help dit om in die hede te lewe.

“As ons angstig word, neig ons veral om te dink aan alles wat nóg verkeerd kan gaan. Probeer om nie te veel te fokus op jou vrese oor die toekoms nie, en kyk eerder wat jy nou kan doen om jou lewe te verander. Wat het julle nou tot jul beskikking om  die lewe gemakliker en beter te maak? Watter positiewe moontlikhede is daar vorentoe? Wat moet julle verander om dié moontlikhede te laat waar word? Wat is jul struikelblokke nou en vorentoe? Soek saam met jou maat na die antwoorde.

“Deur saam in die hede te leef kan julle jul probleme meer doeltreffend aanpak. Met dié benadering sal julle ook meer empaties teenoor mekaar wees en meer bewus van mekaar se gemoedstoestand, wat julle beter sal laat kommunikeer.”

WEES ’N SPAN

In moeilike tye is intimiteit tussen paartjies een van die eerste dinge wat daaronder ly, want as jy gespanne en oorweldig voel, is jy bloot nie in die bui vir intiem wees nie, sê Ilze.

“In die meeste verhoudings is daar gewoonlik ook een mens wat maklik geld uitgee en een wat eerder terughou. In ’n resessie kan dít afkeer, bitterheid en selfs wrokkigheid veroorsaak, want die een persoon verwag van die ander om sy/haar geld beter te bestuur. Wanneer dié blaam begin opbou, affekteer dit ook intimiteit.”

Ongelukkig is dit nie eenvoudig om op te los nie, want deur bloot tyd te skep vir intimiteit gaan daardie gevoelens nie laat verdwyn nie. Dis eerder belangrik om oop kaarte te speel, sê Ilze. “Moenie mekaar blameer nie – werk eerder saam daaraan om ’n oplossing te vind. As dit ’n stryery afgee, kan julle saam ’n sielkundige of finansiële beplanner gaan sien.”

Een strategie wat op ’n oplossing eerder as op blaam fokus, is om jul langtermyn-visie in gedagte te hou. “Om geld uit te gee op dinge wat onmiddellike bevrediging bring is ongelukkig ’n groot versoeking wanneer dit sleg gaan, want jy soek dinge wat jou beter sal laat voel. Stel ’n lys van tot 30 redes saam hoekom julle jul geld op lang termyn beter moet bestuur.

Wees spesifiek – dit kan enigiets van vakansieplanne tot beleggings insluit. Dit sal jul houding teenoor geld begin verander en sal jou motiveer om daardie onmiddellike bevrediging uit te stel.”

GLO IN JOUSELF – ÉN JOU MAAT

Die uitdrukking “moeilike tye maak ons sterker” is dalk geyk, maar dis waar, sê Veronique. “Eers wanneer dit moeilik gaan, kan jy sien hoe sterk jy werklik is. Probeer om dít ook te onthou as dit swaar gaan. Moeilike tye dwing ons om dieper binne onsself te delf, onsself beter te leer ken, en om ook maar menslik te wees – iemand met foute, maar wat aan hul foute kán werk en verbeter.”

Vertel jou maat van jou vrese, jou hoop en die dinge wat jy wil verbeter, en moedig hom/haar aan om dieselfde te doen. Dis nie altyd maklik nie, en jul verhouding kan miskien anders en vreemd voel terwyl julle deur dié groeitydperk gaan, maar eindelik kan dit julle nader aan mekaar bring.

Soos altyd bly kommunikasie een van die beste maniere om ’n gesonde verhouding te handhaaf, sê sy.

LEER HIERUIT

Wanneer dinge skeefloop, is dit dikwels ’n teken dat jy iets verkeerd gedoen het, sê Ilze. Dis nie noodwendig jou skuld as jy jou werk verloor nie, maar as jy geen spaargeld het om op terug te val nie, moet die gevaarligte aangaan dat jy dinge anders moet begin doen.

Dis nie maklik nie, maar dis ’n waardevolle les. “Net so kan jy miskien leer om jouself nie met ander mense te vergelyk, té hoë verwagtinge te stel of ’n leefstyl te volg wat jou laat skuld aangaan nie.

“Doen dinge nou anders. Fokus op jul langtermyndroom vir jul gesin en jul lewe en weet daar gaan soms goeie en soms slegte tye op die pad wees – maar julle kan voorsorg tref en ook uit slegte tye leer. Dit sit die beheer terug in jul hande, eerder as dat julle net afhanklik is van die ekonomie.”

Dis ook ’n goeie tyd om jul kinders ’n paar lesse oor geld te leer, sê sy. “As jou kinders dink dinge is altyd maklik, gaan hulle later swaarkry. Verduidelik vir hulle wat die wêreldmarkte is, dat geld nie vrylik beskikbaar is nie, en dat goed duurder geword het. Jy kan ook hul insette vra oor hoe die gesin geld kan spaar – jy sal dalk verbaas wees oor hul idees! Deur hulle te betrek, leer jy hulle ’n waardevolle les en hulle voel ook hulle kan deel wees van die oplossing.”

BESKOU DIT AS ’N GELEENTHEID

In enige negatiewe situasie is daar ook positiewe uitkomste. Deur moeite te doen om dié dinge raak te sien kan jy die moeilike tye beter verwerk, sê Ilze.

“As jy wel spaargeld het, is ’n resessie ’n droom, want sekere beleggings word dan meer bekostigbaar. “Maar al sukkel julle om met jul geld uit te kom, kan dié tyd jou meer dankbaar maak vir wat jy het of jou leer om nie dieselfde foute te maak nie.

“En selfs as jy jou werk verloor het, is dit nou jou kans om meer tyd met die gesin deur te bring, stokperdjies te begin, of tyd aan jou langtermynplanne en drome af te staan. Probeer die meeste voordeel hieruit trek.” 

KONTAK

Veronique Breugelmans: 082 451 3180, www.just-be.co.za

Ilze Alberts: 060 743 4143, www.ilzealberts.com

Esmé Theron: 082 386 1588, esme.theron@tefinops.co.za