Al ooit gewonder, oor 'n koppie koffie, wie die rykste Kardashian-Jenner is? Volgens die Amerikaanse nuustydskrif Time is daar 'n groot verskil tussen die voorloper en die agteros.

In die eerste plek:

1. Kim Kardashian

Die koningin van selfies het 'n astronomiese netto waarde van $175 miljoen (sowat R2 miljard). Dis danksy die TV-reeks, haar Kimoji-app, eie reeks grimering, betaalde advertensies op Instagram, haar webtuiste en die gewilde Kim Kardashian: Hollywood-speletjie.

FOTO Instagram /@kimkardashian

2. Kris Jenner

FOTO Instagram / @krisjenner

Die matriarg weet hoe om 'n sakeryk te bestuur. Haar netto waarde is $60 miljoen (sowat R716 miljoen). Sy is nie net die bestuurder van haar kinders nie, maar ook die een wat die werklikheidsreeks aan E! voorgestel het. Kris kry hoofsaaklik haar inkomste van die reeks, maar kry ook 'n klein persentasie van haar kinders se inkomste.


3. Kylie Jenner

FOTO Instagram/ @kyliejenner

Die jongste suster besit omtrent 'n fortuin, danksy haar grimeerreeks Kylie Cosmetics. Kylie se netto waarde is $50 miljoen (sowat R600 miljoen). 

4. Khloé Kardashian

FOTO Instagram / @khloekardashian

Met 'n netto waarde van $40 miljoen (sowat R477 miljoen) is Khloé Kardashian vierde op die lys. Haar inkomste kom hoofsaaklik van die reekse Keeping Up with the Kardashians en Revenge Body.

5. Kourtney Kardashian

FOTO Instagram / @kourtneykardashian

Die oudste Kardashian se inkomste kom hoofsaaklik van die werklikheidsreeks. Met 'n netto waarde van $35 miljoen (sowat R417 miljoen).  

6. Kendall Jenner

FOTO Instagram / @kendalljenner

Sy is verlede jaar aangewys as die hoogs betaalde model. Kendall het 'n netto waarde van $22 miljoen (sowat R262 miljoen).