Onthou jy die foto-albums wat Ouma gehad het? Die opwinding om deur herinneringe te blaai? My LifeStory maak dié kosbare skatte weer bekostigbaar en maklik om te skep!  

Sit pragtige en bekostigbare fotoboeke bymekaar op die My LifeStory-app. Jy kan foto’s op jou selfoon, Instagram en Facebook kies en binne minute ’n fotoboek op jou selfoon ontwerp. Boonop kan jy die foto’s redigeer en jou eie titel op die boek se omslag en ruggraat sit. 

Dinsdagdromer: Kry afslag en staan ’n kans om te WEN! 

My LifeStory is vandeesmaand die trotse borg van SARIE se aanlyn kuier, Dinsdagdromer. Die sessie vind op 26 September plaas, met Donnalee Roberts, Simoné Pretorius en Willem Botha wat oor vernuwing, fokus en foto’s gaan gesels. 

Bestel jou My LifeStory-fotoboek in September of Oktober en kry 15% afslag wanneer jy die kode DINSDAGDROMER gebruik. 

PLUS: Een gelukkige kyker staan die kans om ’n jaar se intekening op My LifeStory te wen, dit is 12 fotoboeke ter waarde van R4 260! 

Meer inligting

Laai die My LifeStory-app op jou selfoon. Klik hier as jy ’n Apple-gebruiker is, en hiervir Android.

Koop jou kaartjies vir ons Dinsdagdromer-kuier op 26 September hier.