Ons bederf jou dié maand met een van dié 5 kleure vir jou lippe:

Koraalrooi Koraalrooi: Dié kleur is baie gewild op die oomblik, en is 'n treffer vir die dag óf nag. Kies die beste koraal vir jou na aanleiding van jou vel se ondertoon. As jy 'n warm ondertoon het, gaan vir 'n oranje- of pienk koraal. 'n Koraal met 'n blouerigheid werk goed vir 'n koue ondertoon.
 Lipglans Lipglans: As jy nie die moed het om 'n helder kleur op jou lippe te dra nie, is 'n naakkleur die perfekte opsie. Dit gee 'n tikkie kleur sonder om oorweldigend te wees.
Bessierooi Bessiepienk: As jy 'n baie ligte vel het is bessiepienk die ideale kleur vir jou, ongeag van jou vel se ondertoon. Dit sorg ook vir 'n sagte, vroulike, romantiese voorkoms. 
 Neutbruin Neutbruin: Só 'n kleur lyk pragtig op 'n olyfkleurige vel. As jy 'n ligte vel het, gaan dié kleur dalk te lig wees vir jou.
 Bessiepienk Bessierooi: Rooi lippe sal altyd in die mode wees en is 'n klassieke lipkleur. Gebruik eers 'n rooi lipomlyner in dieselfde rooi skakering om te keer dat die lipstiffie nie "bloei" nie.