1. Woolies
"My liefde vir hierdie winkel ken geen einde nie. In SA is dit nie 'n goedkoop plek om by te koop nie, maar met die rand-dollar-wisselkoers beteken dit my kookstaking kan voortgaan en ek sal op hul vars slaaie en ander wegneemetes kan leef."

2. Savanna Dry & Savanna Light
"Om 'n sider in US te drink is nie oukei nie. Dis gewoonlik heeltemal te soet en glad nie cool nie. Sou Savanna in die VSA beskikbaar wees, sou dit moontlik kon verander."

3. Suid-Afrikaanse wyne
"Stadig maar seker sien ons dat meer SA wyne deur Amerika ingevoer word, maar beslis nie vinnig genoeg nie. Mense kyk my steeds snaaks aan wanneer ek vir hulle sê dat ek die Suid-Afrikaanse wynlande besoek het - hulle het g'n idee dat dit bestaan nie."

4. Koejawels

"In Amerika word koejawels as duur, eksotiese vrugte beskou. Hier in SA is daar vars koejawels, koejawelsap, koejawel-jogurt, gedroogte koejawel... Ek's mal oor koejawels en jaloers op SA vir al die koejawels."

5. Om nie jou eie petrol hoef in te gooi nie...
"Ek kom oorspronklik van New Jersey, een van slegs twee state in Amerika waar jy nie jou eie petrol hoef in te gooi nie. Dalk klink dit lui, maar ek haat dit om self petrol te moet ingooi."

6. Afrika-tyd
"Suid-Afrikaners is luilekker-mense. Ek's altyd laat vir alles, so Afrika-tyd is my tipe ding...

7. Die hemelruim saans
"Daar is ongelooflike plekke vir sterrekyk in Amerika, maar nie een van hulle kom naby wat ek in SA gesien het nie"

8. Warmwaterbottels
"Ons het dit in Amerika, maar niemand gebruik dit nie."

9. Kilometer en kilogram
Dit klink belaglik, ek weet. Maar ek voel beter as ek 5 km in plaas van 3,1 myl op die trapmeul gedoen het.

10. Springbok, koedoe, volstruis en, en, en.
Vleis-opsies in die VSA laat jou dikwels met 'n keuse tussen hoender, bees, kalkoen, vark en as jy gelukkig is, lam. Dis vervelig.

(Bron: www.women24.com)

Wat is jou top-10 lysie van lekker SA dinge?

Skryf sommer vir ons in die kommentaarboksie hieronder.