2016 was ’n besige jaar vol hoogte- en laagtepunte. En tussen als deur was daar altyd vroue wat opgestaan en ons inspireer het.

Die BBC het hul lys van 100 inspirerende vroue van 2016 bekend gestel – en hulle inspireer ons ook in die jaar wat kom.

Vanjaar het 16 vroue van ons kontinent die gesogte lys gehaal. Vier van dié 16 is Suid-Afrikaners:

Thuli Madonsela, Suid-Afrika se openbare beskermer (2009 - 2016) wat geveg het teen korrupsie en die wanbestuur van regeringsgeld

Zoleka Mandela, Nelson en Winnie Mandela se kleindogter

• Gcina Mhlophe, Suid-Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg

• Zulaikha Patel (foto hieronder), Suid-Afrikaanse skoolmeisie wat die gesig geword het van talle meisies wat teen die skoolsisteem opgestaan het omdat hulle gevra is om hul hare reguit te maak

A photo posted by Avah Taylor (@avah_taylor) on

  

Nóg vroue op die lys

Res van Afrika

Paula Hawkins, Zimbabwiese skrywer van The Girl on the Train

• Shriti Vadera van Uganda, die voorsitter van Santander UK

Aline Mukovi Neema, studente-aktivis wat in die Kongo (DRK) veg vir politieke verandering

Egge Kandé, gemeenskapsleier van Senegal wat onderwysers help om meisies se opvoeding te bevorder

Ellinah Ntombi Wamukoya, die eerste vrou wat ’n verkose biskop is van die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika

Lucy Finch, stiger van Malawi se eerste en enigste hospice

Funke-Bucknor Obruthe (foto hieronder), troubeplanner van glansryke celeb-troues in Nigerië

'Mary' van Kenia het die ontvoering en verkragting van die Al-Shabab-militante oorleef

• Nadia Khiari, stiger van die spotprentkarakter Willis from Tunis, ’n kat se avonture wat die nuus in Tunisië vertel

• Omotade Alalade van Nigerië, stigter van Beibei Haven Foundation wat mense met infertiliteitsprobleme help • Pratibha Parmar, skrywer, regisseur en vervaardiger van films oor vroue • Riham el-Hour, bekroonde spotprentkunstenaar van Marokko • Doaa el-Adl, spotprentkunstenaar van Egipte wat gender-stereotipes breek. Hieronder is een van haar spotprente

Kyk na die volledige lys hier

’n Derde van die vroue op die lys is onder 30 en daar is ook ’n paar vroue bo 80 wat die lys gehaal het. Gesels saam op Twitter met #100women.

Lees nou

Ons inspirasie-vroue

Vroue doen dit vir hulself!

Thuli wen Forbes-prys en dís ons spyskaart