Om 'n naam vir jou baba te kies is 'n groot verantwoordelikheid. Vir die res van sy of haar lewe gaan dié naam deel van hul identiteit wees. Deesdae kies ouers graag unieke name, veral as jy 'n bekende is. Name soos Inspector Pilot, Rainbow Aurora en Honey Bear is al vir bloedjies gegee.

Volgens Quartz het Amerikaanse ouers gesorg dat daar verlede jaar 1 100 nuwe name geskep is. Nuutskeppings soos Camreigh, Asahd, Taishmara, Tewodros en Iretomiwa het dié lys gehaal. En die Game of Thrones-karakter Cersei se naam het ook al hoe meer gewild geraak.

FOTO Getty Images / Gallo Images

SARIE-lesers het ook 'n paar plaaslike nuutskeppings gedeel wat hulle al gehoor of vir hul eie kind gegee het.

Hier's 'n paar:

- Kritzia

- Johanique

- Tuane

- Eulylia

- Madenique

- Arithon

- Chamicke

- Janouma

Loer hier na nog Afrikaanse nuutskeppings op SARIE se Facebook-blad: