Die internet is vol inligting, maar nie alles is waar nie. Hoeveel van dié stories en foto’s het jou vanjaar gefnuik?

VALS: Die rok verkleur

Dié video van die aanlynwinkel Showpo wys hoe een rok kleur verander met die hulp van nuwe tegnologie.

Ons was baie opgewonde toe ons dié video sien, maar helaas, dié tegnologie bestaan (nog) nie.

VALS: Dié oulike hasie Foto's van dié oulike hasie was oral op Pinterest, Twitter en Facebook. Maar hierdie hasie het ongelukkig geen hartklop nie. ’n Chinese maatskappy Soft Mochi maak dié teddies.

VALS: Nikon se foto van die jaar       

Noem dit eerder die beste gedokterde foto van die jaar! Die fotograaf Chay Yu Wei het erken hy het dié foto met behulp van Photoshop geskep. Chay én Nikon het later om verskoning gevra.

  A photo posted by Yu Wei (@yuuuuuwei) on

  VALS: National Geographic se foto van die jaar           Anders as met die Nikon-foto het National Geographic nie vir dié foto ’n prys gegee nie. Maar die foto is gekoppel aan National Geographic se naam en wyd op sosiale media versprei.

VALS: Regter Masipa se kar gebom

Nee, die motor van regter Masipa wat die Oscar Pistorius-saak hanteer het, het nié onder ’n petrolbom deurgeloop nie. As jy die storie op sosiale media gedeel het, was jy deel van duisende mense wat dit verkeerdelik geglo het.

masipa

VALS: Alan Rickman lees Harry Potter

Die akteur Alan Rickman wat professor Snape in die Harry Potter-flims gespeel het, het nooit dié stelling gemaak wat op sosiale media gedeel is ná sy dood in Januarie vanjaar nie.

Hy het glo nooit die Harry Potter-boeke gelees nie.

alan rickman VALS

VALS: Dominee Beer Dié beer in Rusland trou nie die paartjie nie, dit was net deel van ’n (waaghalsige) fotosessie.

VALS: Die ruimtestasie op Facebook Live

Vroeër vanjaar het miljoene mense dié Facebook Live-video gekyk van ruimtevaarders wat buite die Internasionale Ruimtestasie loop.

Hoewel dié video werklik is, is die video waarskynlik in 2013 geneem en is nie regstreeks in 2016 uitgesaai nie. Jammer!

Bronne: Gizmodohtxt.co.za

Lees nou

Wees só meer aantreklik

Marciel skryf oor 2016: Ek’t gegroei

Daar’s ’n slang in die Kersboom