Dit lyk reeds asof dit ’n belowende jaar gaan wees – ook vir Hollywood waar die silwerdoekakteurs ál meer in die TV-bedryf begin werk.

Ons sien uit na ...

Ons was mal oor The People v. O.J. Simpson: American Crime Story verlede jaar. Cuba Gooding Jr. as O.J. Simpson, John Travolta as Robert Shapiro, David Schwimmer as Robert Kardashian en Sarah Paulson as die sterk prokureur Marcia Cross (’n rol waarvoor Paulson met ’n Golden Globe vereer is) het ons vasgenael gehou voor die kassie. 

En nou, net soos met die vervaardiger Ryan Murphy se ander gewilde TV-reeks, American Horror Story, begin die tweede seisoen van American Crime Story vanjaar met ’n nuwe misdaadverhaal: dié keer oor die reeksmoordenaar Andrew Cunanan wat ook die modeontwerper Gianni Versace voor sy huis in Miami Beach doodgeskiet het.

FOTO Donatella en Gianni Versace in 1995, twee jaar voor sy dood

Lady Gaga (wat ook in American Horror Story te sien isspeel die rol van Gianni se suster, Donatella, in die nuutste American Crime Story. Dit sal nie die eerste keer wees dat Lady Gaga die karakter van Donatella Versace voor die kamera probeer vasvang nie. Sy was in 2014 die gesig van Versace se lentereeks waarin sy soos ’n jong Donatella gelyk het.

FOTO: Lady Gaga in die Versace-veldtog (Versace Lente 2014) FOTO Lady Gaga in die Versace-veldtog (Versace Lente 2014)

Die Afrikaanse reekse waarna ons uitsien ...

Nóg reekse om dop te hou

Neil Patrick Harris (Barney van How I Met Your Mother) speel graaf Olaf in A Series of Unfortunate Events, wat op die gewilde kinderboekreeks deur Lemony Snicket gegrond is. Die verhaal volg die drie Baudelaire-weeskinders soos hulle uit hul bose oom se kloue probeer bly.

Series of Unfortunate Events

Jude Law en Diane Keaton speel in The Young Pope, wat wentel om die lewe van die fiktiewe karakter pous Pius XIII en in die proses ernstiger kwessies soos godsdiens en mag ondersoek.

the young pope

Archie is terug! Die gewilde strokiesprentkarakter word lewendig in Riverdale, en ons sien ook Hermoine, Jughead, Veronica en Betty in ’n nuwe lig.

riverdale

Big Little Lies voorspel groot dinge. David E. Kelley van Ally McBeal-faam is die vervaardiger en groot name soos Reese Witherspoon, Shailene Woodley en Nicole Kidman speel daarin. Die reeks is gegrond op ’n gelyknamige boek en gaan oor drie vroue wie se lewe onherroeplik deel van mekaar is.

big little lies

Vir ligter vermaak wil ons Crashing kyk. Judd Apatow, wat ook verantwoordelik is vir films soos Trainwreck, This is 40 en Bridesmaids, is die vervaardiger. Crashing gaan oor ’n komediant wie se vrou hom los.

Feud, nóg een van Ryan Murphy se projekte, gaan oor die vete tussen Joan Crawford en Bette Davis, wat glo geen ooghare vir mekaar gehad het nie. (Lees hier meer oor dié ou Hollywood-twis.)

Catherine Zeta-Jones, Stanley Tucci, Jessica Lange, Susan Sarandon, Sarah Paulson, Kathy Bates en Alfred Molina speel in die reeks van agt episodes.

feud

En dís net op die kassie! Op die silwerskerm lyk dinge net so interessant!

• Manchester by the Sea (6 Januarie)

• The Sea of Trees (begin 13 Januarie)

• Lion (20 Januarie)

• Split (20 Januarie)

• Koos Roets se Hoender met die rooi skoene (27 Januarie)

• La la land (27 Januarie)

La-La-Land-Reviews

• Loving (3 Februarie)

• Moonlight (10 Februarie)

• Fences (17 Februarie)

• Tess (24 Februarie)

• Hidden Figures (24 Februarie)

• Jackie (3 Maart)

jackieheader

• Jagveld (17 Maart)

• Miss Sloane (17 Maart)

• Kampterrein (24 Maart)

• Die Rebellie van Lafras Verwey (7 April)

• The Shack (14 April)

• Rules Don’t Apply (5 Mei)

• Guardians of the Galaxy Vol. 2 (5 Mei)

• 20th Century Women (12 Mei)

• Baywatch (12 Mei)

• Johnny is nie dood nie (17 Mei)

• Despicable Me 3 (30 Junie)

• Dunkirk (28 Julie)

• The Lobster

• Nocturnal Animals

• American Honey

Ekstra bron: Vogue

Lees nou

Ou Hollywood-twis – nuwe TV-reeks

Die beste films van 2016. Hoeveel het jy al gekyk?

Marita en Anna-Mart gesels films en kos