Dis Oktober, die mooiste mooiste maand, maar baie van ons droom reeds van Desember ... somer, son en see.

Het jy al vir jou ’n vakansieplek bespreek? Of soek jy nog idees vir waar jy kan gaan uitspan?

Volgens Denise Neethling, lekkeslaap se hoof van bemarking, is daar veral 11 plekke wat dié Desember baie vakansievoete gaan kry.

FOTO Unsplash

So lyk die lys:

Die Wes-Kaap het sewe plekke op die lys gehaal. Die gewildste bestemmings is kuslangs, behalwe een wat knus in die Bosveld sit.

11. Port Elizabeth, Oos-Kaap

10. Strand, Wes-Kaap

9. Hermanus, Wes-Kaap

8. Langebaan, Wes-Kaap

7. George, Wes-Kaap

6. Jeffreysbaai, Oos-Kaap

5. Knysna, Wes-Kaap

4. Marlothpark, Mpumalanga

3. Margate, KwaZulu-Natal

2. Kaapstad, Wes-Kaap

1. Mosselbaai, Wes-Kaap

 
FOTO Unsplash

Denise reken baie vakansiegangers gaan vanjaar die langpad aandurf, want daar is sover drie gewilde oorslaapdorpe.

3. Gariepdam, Vrystaat

2. Beaufort-Wes, Wes-Kaap

1. Colesberg, Noord-Kaap

 
FOTO Unsplash