Interessante nuusbrokkies die wêreld oor vir geselsies by die werk, haarkapper of op daardie eerste afspraak ...

Op die troon

Koningin Elizabeth II vier vandag haar saffierherdenking – die eerste Britse monarg wat 65 jaar aaneen op die troon sit. Die dag sal egter nie in die openbaar gevier word nie, omdat dít ook die dag is waarop sy gehoor het van haar pa, koning George VI, se dood.

Koningin Elizabeth se lewensverhaal word nou vertel in die gewilde Netflix-reeks The Crown. In dié toneel vind Elizabeth uit haar pa is oorlede terwyl sy in Afrika is:

Van die tonele vir die eerste seisoen is in Suid-Afrika geskiet en van die tweede seisoen se tonele word in Hermanus geskiet.

Lees meer HIER.

Blitsbokke verloor twee bokke

Die naweek het die Blitsbokke weer geseëvier toe hulle die Australiese been van die Internasionale Sewestoernooi gewen het. Dit was moontlik die laaste keer hierdie seisoen dat Seabelo Senatla en Kwagga Smit vir die Blitsbokke uitgedraf het. Albei sluit aan by vyftienmanrugby, Seabelo by die Stormers en Kwagga by die Leeus.

Ná die naweek se oorwinning is die Blitsbokke nommer een op die puntelys:

Lees meer HIER.

Joost oorlede

Joost van der Westhuizen is vandag oorlede. Amor en hul twee kinders, Kylie en Jordan, het die naweek baie tyd in die hospitaal deurgebring.

Lees meer HIER.

Joost het die volgende in 2014 gesê. Ons deel graag weer sy mooi woorde: joost aanhaling

Die emoji beteken wat?

Tieners gebruik glo emoji’s baie anders as volwassenes. Uit ’n ondersoek wat Q13 Fox News van Washington gedoen het, blyk dit dat tieners emoji’s as ’n geheime kode gebruik. Voorbeelde is: Padda: Dit beteken die persoon dink jy is lelik Hibiskus: Dit verwys na dwelms! Kyk na die insetsel hier:

Lees meer HIER.

Lees nou

FOTO’S: Prins Harry en Meghan wéér saam

#SARIEfees is hier!

David Vlok: Van booswig tot gesinsman