Interessante nuusbrokkies van oor die wêreld heen vir geselsies by die werk, die haarsalon of op daardie eerste afspraak …

Suid-Afrikaners en Trump

Pres. Donald Trump het gister met pres. Jacob Zuma gepraat ... en ons wonder hoe dié gesprek verloop het. Die Suid-Afrikaanse presidensie het gisteraand in ’n verklaring gesê dat die twee staatshoofde hulle verbind het tot die versterking van bilaterale betrekkinge. Ons kan nie help om te wonder of Zuma hom uitgevra het oor dié twiet wat hy in 2013 gedeel het nie: Trump het ook met die president van Nigerië, Muhammadu Buhari, gepraat. Hy en Zuma is die enigste twee Afrika-lande se leiers wat hy tot dusver gekontak het. The Big Easy Ernie Els het die naweek saam met Donald Trump en Sjinzo Abe, Japanse premier, ’n potjie gholf by Trump se gholfklub in Jupiter, Florida, gespeel. Ernie is glo bevriend met Trump en hy is ook ’n borg van die jaarlikse Els for Autism-gholfdag. Trump het ook hieroor getwiet: Lees HIER, HIER en HIER

Almal praat steeds oor dié rok

Jennifer Lopez se rok by die Grammy-toekenningsgeleentheid is steeds op almal se lippe. Die kleur is perfek vir haar en dié Ralph & Russo-skepping is iets wat sy nie gewoonlik sal dra nie.

Oscar-stemme begin nou

Die finale stemmery vir die Oscars het gister begin. Lede van dié akademie stem vir die wenners aanlyn of op papier. Net twee mense van PricewaterhouseCoopers weet wat die resultaat is voordat die koeverte regstreeks op Oscar-aand oopgemaak word.

Laureus-toekennings

Die grootste sportpryse ter wêreld word vanaand in Monaco oorhandig. In die kategorie Deurbraak van die Jaar is ons eie wêreldrekord-houer Wayde van Niekerk benoem. Hy ding mee teen:

Nico Rosberg (Formule 1-kampioen)

Almaz Ayana (10 000 m-wêreldrekordhouer van Ethiopië)

Leicester City (Engelse Premierliga-kampioen)

Ysland se sokkerspan (wat in die Europese kampioenskap teen alle verwagting in tot die halfeindronde deurgedring het)

Fidji se sewesrugbyspan (Olimpiese Spele-wenners)

Schalk Burger het in 2015 die gesogte toekenning vir Terugkeer van die Jaar by die Laureus-toekennings gewen. Lees meer HIER.

Mooi woorde vir Valentynsdag

Valentynsdag minki

Ons Maart-uitgawe met Minki op die voorblad is van Maandag af te koop.

Lees nou

4 nuusstories vir vandag, 13 Februarie 2017

5 nuusstories vir vandag, 8 Februarie 2017

Hoe vier ons Valentynsdag deesdae?